SA roei­vier­tal be­spreek plek op Rio­roos­ter

Beeld - - Sport - – Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Suid-A­fri­ka se O­lim­pie­se roei­span het gis­ter nóg vier le­de by­ge­kry toe die land se mans-vier­tal hul plek na Rio de Ja­nei­ro by ’n re­gat­ta in Lu­zern, S­wit­ser­land, be­spreek het.

Da­vid Hunt, Jo­na­than S­mith, Vin­cent B­reet en Ja­ke G­reen het die eind­ron­de van hul af­de­ling ge­wen en so­doen­de een van die twee S­pe­le-plek­ke ge­gryp wat op die spel was. Met ’n wen­tyd van 5 mi­nu­te en 55.220 was hul­le by­na twee se­kon­des vin­ni­ger as Frank­ryk (5:57.100).

Die mans-vier­tal was die laas­te SA span wat nog vir Rio kon kwa­li­fi­seer, en die land sal nou vyf bo­te stuur. Die an­der vier span­ne is ’n vrou­e­paar, ’n mans-lig­ge­wig-duo, ’n mans­paar en ’n vroue-lig­ge­wig-duo.

Die agt roei­ers wat dié bo­te sal vol­sit is nog nie fi­naal be­ves­tig nie, en die na­si­o­na­le af­rig­ter, Ro­ger Bar­row, sal ook eers la­ter sê of gis­ter se suk­ses­vol­le vier­tal al­mal in Rio in ak­sie sal wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.