Mur­ray swoeg, Ker­ber groet

Beeld - - Sport - Ma­ri­zan­ne Kok

Jo­han­nes­burg. – Die B­rit An­dy Mur­ray het gis­ter ’n “Kom uit die tronk uit”-kaart­jie uit­ge­ruk in die eer­ste ron­de van die Fran­se Ope in Pa­rys.

Mur­ray, die twee­de ge­keur­de by Ro­land Gar­ros, het har­de be­ne ge­kou teen die 37-ja­ri­ge Ra­dek S­te­pa­nek, wat hom in ’n wed­stryd, wat Maan­dag reeds be­gin het, vir 3 uur en 41 mi­nu­te laat sweet het.

Die S­kot moes al drie die laas­te stel­le wen om met 3-6, 3-6, 6-0, 6-3, 7-5 te se­ë­vier. Dit was die ne­gen­de keer in sy loop­baan dat hy ’n Grand Slam-wed­stryd wen na­dat hy al­bei die eer­ste stel­le ver­loor het.

S­te­pa­nek, die oud­ste man in van­jaar se Ope, was uit die staan­spoor veg­lus­tig en het die mees­te ge­maak van Mur­ray se sta­di­ge be­gin.

Mur­ray het hard te­rug­ge­slaan in ’n der­de stel waar­in hy net ses pun­te ver­loor het, maar moes daar­na weer hard werk.

S­te­pa­nek was twee pun­te weg van ’n se­ge met die tel­ling in die der­de stel 4-5 op Mur­ray se af­slaan, maar hy het daar­die kans deur sy vin­gers sien glip.

“Al­le eer aan Ra­dek,” het Mur­ray vol­gens Ro­land Gar­ros se amp­te­li­ke web­tuis­te ge­sê. “Hy het ver­le­de jaar ’n baie sleg­te be­se­ring ge­had en om op 37 steeds uit te kom en so ’n ver­to­ning te le­wer, is net on­ge­loof­lik.

“Ek ver­wag nie om op daar­die ou­der­dom só te speel nie. Ek is maar net te dank­baar dat ek die uit­da­ging oor­leef het.”

Waar Mur­ray vir ’n ruk op die af­grond ge­staan het, het No­vak D­jo­ko­vic en Ra­fa­el Na­dal hul eer­ste­r­on­de­krag­me­tings ge­mak­lik oor­leef.

D­jo­ko­vic, die eer­ste ge­keur­de en groot guns­te­ling vir die kroon, het s­kaars ge­sweet ter­wyl hy Yen-Hsun Lu van Tai­wan met 6-4, 6-1, 6-1 oor­rom­pel het. Hy het se­we keer op Lu se af­slaan deur­ge­breek en 35 wen­houe af­ge­blits.

Na­dal het ’n selfs mak­li­ker dag ge­had. Hy was met 6-1, 6-1, 6-1 baas teen die 100ste ge­keur­de Sam Groth van Aus­tra­lië, en be­gin weer al hoe meer lyk na die al­les­oor­heer­sen­de spe­ler wat ne­ge Fran­se Ope-kro­ne in ’n de­ka­de ge­wen het.

Die vroue-af­de­ling het sy eer- ste groot naam ver­loor, toe An­ge­li­que Ker­ber, die Aus­tra­lie­se Ope-kam­pi­oen, op haar baad­jie ge­gee is.

Ker­ber is met 6-2, 3-6, 6-3 ver­slaan deur die Ne­der­lan­der Ki­ki Ber­tens, wat net vier dae ge­le­de haar twee­de be­roeps­ti­tel in Duits­land ge­wen het.

Ker­ber was der­de ge­keur, maar het glad nie daar­die stan­daard ge­hand­haaf nie en haar on­ge­roem­de teen­stan­der toe­ge­laat om haar die wê­reld vol te jaag.

Die 14de ge­keur­de Ana I­va­no­vic het O­ce­a­ne Do­din van Frank­ryk met 6-0, 5-7, 6-2 ge­klop, ter­wyl Ve­nus Wil­li­ams haar wed­stryd teen Est­land se A­nett Kon­ta­veit ná twee taai stel­le met 7-6 (7/5), 7-6 (7/4) ge­wen het.

Fo­to: REU­TERS

’n Kort dag op kan­toor. . . Ra­fa Na­dal het sy eer­ste wed­stryd van die Fran­se Ope gis­ter in ’n jap­trap af­ge­han­del en net drie pot­te teen die Aus­sie Sam Groth ver­loor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.