Kits­hoff dalk in die vi­sier

Hy is fi­siek, e­mo­si­o­neel ge­reed

Beeld - - Sport - S­te­phen Nell

Dit is een ding om er­va­re spe­lers soos Du­a­ne Ver­meu­len en Fran­cois Louw van oor­se­se klubs af te kies, maar ’n man wat nog nie eens toets­rug­by ge­proe het nie?

Suid-A­fri­ka se rug­by­ba­se sal swaar daar­aan sluk.

Tog sal Al­lis­ter Coet­zee, S­pring­bok-af­rig­ter, sterk in die versoeking wees om S­te­ven Kits­hoff van die Fran­se klub Bor­deaux-Bèg­les na­der te trek.

Dit sou een­vou­dig ge­wees het as Kits­hoff nog in SuidA­fri­ka was en steeds in die Su­per­reeks in die kleu­re van die S­tor­mers vas­kop­stut­te ver­niel het.

Ter­self­der­tyd het se­we maan­de in Frank­ryk, waar hy op sy eie voe­te moes staan, waar­skyn­lik ge­help om ’n te­rug­ge­trok­ke man uit sy dop te kry.

Kits­hoff is nie net fi­siek reg nie, maar op 24-ja­ri­ge ou­der­dom straks ook nou e­mo­si­o­neel be­ter toe­ge­rus vir die ei­se van toets­rug­by.

Coet­zee sal dít op­weeg teen wat meer er­va­re los­kop­stut­te soos Ten­dai M­ta­wa­ri­ra en T­re­vor Ny­a­ka­ne hom kan bied.

Moont­lik sien hy die 30-ja­ri- ge M­ta­wa­ri­ra se er­va­ring van 75 toet­se as be­lang­rik vir Ju­nie se toets­reeks teen Ier­land.

’n Toet­s­loop­baan moet ie­wers be­gin en die te­kens is toe­ne­mend daar dat dit nou Kits­hoff se tyd is. Coet­zee, wat Kits­hoff as 19-ja­ri­ge reeds ’n kans op Su­per­rug­by-vlak ge­gee het, be­sef dit waar­skyn­lik.

Dat Kits­hoff by die S­tor­mers ge­mis word, blyk dui­de­lik uit die wip­wa­en­tjie­rit ten op­sig­te van hul skrum­werk.

Dit gaan nie nét sleg nie, maar die S­tor­mers trap op kri­tie­ke tye klei. ’n Goeie voor­beeld was die laas­te deur­slag­ge­wen­de skrum in hul ne­der­laag teen die Wa­ra­tahs.

Oli Keb­ble het die af­ge­lo­pe na­week ook ’n skrum­les by die Bul­le se Bok-vas­kop­stut, Mar­cel van der Mer­we, ge­kry.

Rus­sell Win­ter, die S­tor­mers se voor­spe­le­raf­rig­ter, moes Maan­dag ge­volg­lik vir die eer­ste keer van­jaar ver­dui­de­lik wat ver­keerd ge­loop het in die skrums.

) In­tus­sen is die ha­ker Bon­gi M­bo­nam­bi, wat Sa­ter­dag langs Keb­ble in die skrum ge­sak het, vol ver­troue dat dit be­ter sal gaan in Sa­ter­dag se wed­stryd teen die C­hee­tahs op Nu­we­land.

“Oli is ’n goeie skrum­wer­ker, maar is mis­kien op die dag deur Mar­cel uit­oor­lê. Ek dink Oli sal ster­ker te­rug­kom,” sê M­bo­nam­bi.

M­bo­nam­bi is self ’n man wat waar­skyn­lik in Coet­zee se ge­dag­tes is vir die reeks teen Ier­land – dalk as ’n plaas­ver­van­ger-ha­ker met A­dri­aan S­trauss in die be­gin­span.

Die ver­be­te­ring in M­bo­nam­bi se in­gooi­werk by die lyn­sta­ne is merk­baar ná die pro­ble­me in 2015 se Su­per­rug­by­kwart­eind­stryd teen die Brum­bies.

Van­dees­week werk die S­tor­mers hard daar­aan om hul lyn­staan­werk op te knap na­dat hul­le teen die Bul­le ook in daar­die fa­set twee­de ge­kom het.

S­te­ven Kits­hoff

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.