Ge­duld die wag­woord met Pro­tea­ver­slag, sê Ha­roon

Beeld - - Sport - – Heinz S­chenk

Jo­han­nes­burg. – Fran­cois Pie­naar en kie wil reeds op 25 Ju­lie te­rug­voer aan K­rie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) se raads­le­de gee oor hul on­af­hank­li­ke on­der­soek aan­gaan­de die Pro­te­as se wis­sel­val­li­ge on­lang­se ver­to­nings­lys.

Maar dit be­te­ken nie dié ko­mi­tee van vier le­de – wat die ge­we­se S­pring­bok­kap­tein in­sluit – is haas­tig met hul man­daat nie.

KSA het ná die Pro­te­as se te­leur­stel­len­de veld­tog in van­jaar se T20-Wê­reld­toer­nooi be­sluit om hul­le aan te stel om deeg­li­ke on­der­soek na na­si­o­na­le span­ne se ge­suk­kel te doen.

Hoe­wel ver­neem word daar nog nie ’n en­ke­le on­der­houd met le­de van die Pro­tea-span ge­voer nie, het die plaas­li­ke be­heer­lig­gaam be­ves­tig “die pro­ses is aan die gang”.

“Die ko­mi­tee het ver­soek om ons raads­le­de toe te spreek ty­dens ons al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring,” het Ha­roon Lor­gat, KSA se uit­voe­ren­de hoof, Dins­dag- aand ge­sê. “Na­tuur­lik be­te­ken dié da­tum nie dat die ko­mi­tee se on­der­soek teen daar­die tyd vol­tooi sal wees nie. Ons wil be­slis nie die ge­hal­te van die on­der­soek be­ïn­vloed deur on­ge­dul­dig te wees nie.”

Voor­staan­ders van die on­der­soek sal ver­lig wees, want die Pro­te­as se ske­du­le is nie guns­tig vir spoe­di­ge werk nie. Die ko­mi­tee sal nie ’n deeg­li­ke ver­slag kan in­dien as sy sper­da­tum ein­de Ju­lie is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.