Ma­di­ba se sjef o­pen re­stau­rant

Beeld - - Tshwane­-Beeld - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

As hy nog een keer iets vir Ma­di­ba kon kook, sou dit ’n ker­rie­ge­reg wees. Nóú het hy self­ver­troue om “ker­ries” te kook, ter­wyl hy dit nooit vir Ma­di­ba ge­maak het nie.

Só sê B­rett Ladds (43) wat ’n sjef in oud­pres. Nel­son Man­de­la se kom­buis in P­re­to­ria was en nou sy eer­ste re­stau­rant ge­o­pen het.

Ladds het Ma­di­ba se guns­te­ling­ge­reg – lam­s­tjops wat in roos­ma­ryn, o­lyf­o­lie, suur­le­moen­sap, knof­fel en ’n bie­tjie sout en pe­per ge­braai is – Sa­ter­dag­aand op die amp­te­li­ke o­pe­ning van C­hefs@566 in Gars­fon­tein, P­re­to­ria, voor­ge­sit. Hy het die ge­reg af­ge­rond met groen­te wat die i­ko­nie­se staats­hoof al­tyd saam met die tjop­pies ge­ëet het.

Die jo­vi­a­le Ladds, wat aan P­re­to­ria Boys High ge­ma­tri­ku­leer het, het die gas­te met sy staal­tjies ver­maak ty­dens sy lam­s­tjop-ver­to­ning.

Ladds ver­tel hy het van 1994 tot 1999 in die kom­buis van die pre­si­den­si­ë­le gas­te­huis in P­re­to­ria ook ge­kook vir staats­hoof­de van oor die wê­reld heen wat daar tuis­ge­gaan het.

“Ma­di­ba het nóóit oor kos ge­kla nie. Hy was ’n prag­ti­ge mens. Ons het saans sjo­ko­la­de en truf­fels vir hom op ’n skink­bord ge­sit, maar hy het dit nooit ge­ëet nie. Ons het dit aan­ge­hou doen, want ons wou hê hy moet weet ons dink aan hom.”

Ladds sê die ei­en­aar­dig­ste ge­reg wat hy vir ’n staats­hoof moes maak, was foie gras met pad­da­be­ne. “Dit was vir die pre­si­dent van die I­voor­kus.”

“Na­tuur­lik het ek ook flops in my loop­baan ge­maak. Ek glo el­ke ge­reg is ’n uit­da­ging. ’n Mens is net so goed soos die laas­te ge­reg wat jy ge­maak het.”

Op ’n vraag oor wat sy eie guns­te­ling­ge­reg is, ant­woord hy ná ’n ruk: “Mmm, dis baie moei­lik. Dit moet een­vou­dig wees. Ek hou by­voor­beeld van ma­ca­ro­ni en kaas. Ek is ook net so mal oor my vrou, Tra­cey, se kos as oor haar. Kos is lief­de,” sê hy droom­ver­lo­re.

Die re­stau­rant moet men­se ge­luk­kig maak, is Ladds se leu­se. Daar word voor die gas­te ge­kook, en nie ag­ter toe deu­re nie, wat moet by­dra tot die fees­te­li­ke at­mos­feer.

Ladds ver­tel hy het in ma­triek as kel­ner be­gin werk by ’n re­stau­rant in Brook­lyn, P­re­to­ria.

Hy het la­ter daar in die kom­buis ge­werk. Die sjef Chris­ti­an Mi­chel­le, wat ge­reeld daar kom eet het, het sy po­ten­si­aal ge­sien. Mi­chel­le het Ladds as sjef op­ge­lei.

“Chris­ti­an het nie ’n seun ge­had nie en hy wou sy ken­nis graag aan my oor­dra. Hy was my men­tor.”

Ladds het toe saam met Mi­chel­le by die pre­si­den­si­ë­le gas­te­huis gaan werk.

Kort voor Man­de­la se in­hul­di­ging as pre­si­dent in 1994, het hy hul­le ge­vra om aan te bly om­dat die gas­te­huis sy tuis­te word het.

“Din­ge het op die reg­te tyd en plek in my le­we ge­beur,” sê Ladds.

Ladds het ven­no­te by C­hefs@566 en glo in span­werk.

Die re­stau­rant, wat ’n bak­ke­ry het, het Maan­dag­og­gend oop­ge­maak. Dit be­dien vir eers ont­byt en mid­dag­e­tes, maar sal in Sep­tem­ber ook aand­e­tes be­gin be­dien.

Fo­to: JE­AN­NE­MA­RIÉ VER­SLUIS

B­rett Ladds sit sy lam­s­tjops voor op die amp­te­li­ke o­pe­ning van die re­stau­rant C­hefs@566 in Gars­fon­tein

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.