Gar­sies het uit­vol­le­bors­gees

Skool met die bes­te gees­kom­pe­ti­sie

Beeld - - Tshwane­-Beeld -

Goeie ge­nug­tig maar die Gar­sies het gees!

Dié skool, in die oos­te van P­re­to­ria, het deur­lo­pend gees en dis­si­pli­ne ge­toon ty­dens GROOTfm90.5 en S­ko­le­nuus­Beeld se be­soek ver­le­de week. Ons is weer op soek na die ho­ë­ren la­er­skool in die Ja­ka­ran­da­stad met die bes­te gees en die kom­pe­ti­sie word nou week ná week net straw­wer.

Leer­lin­ge van die Ho­ër­skool Gars­fon­tein het al van vroeg­og­gend af die pa­vil­joen vol ge­sit en uit vol­le bors ge­sing. Hul kre­te was hoen­der­vel-mooi en hul­le kon ki­lo­me­ters ver ge­hoor word.

Die san­ger PJ Cruz het as ge­nooi­de kuns­te­naar op­ge­tree en heel­wat van die Gar­sies het som­mer spon­taan op sy mu­siek be­gin dans.

As deel van die skool se lief­da­dig­heids­pro­jek het hul­le nie­be­derf­ba­re kos en an­der be­no­digd­he­de vir die Pu­re Ho­pe Kids-kleu­ter­skool in­ge­sa­mel. Fo­to’s: SYL­VIA VAN ZYL Daar was ook groot “dra­ma” by die skool toe een van die kom­pe­ti­sie se bor­ge, C­ri­sis on Call, ’n de­mon­stra­sie by die skool ge­doen het. ’n He­li­kop­ter van Ne­t­ca­re 911 het op die rug­by­veld kom land en ge­sorg vir groot op­win­ding!

Só lyk ’n skool met G.E.E.S.!

Die klein­goed van die Pu­re Ho­pe Kids­kleu­ter­skool het ’n spe­si­a­le op­tre­de by die skool ge­hou om dan­kie te sê vir al die be­no­digd­he­de wat die leer­lin­ge vir hul­le in­ge­sa­mel het.

Heel­wat leer­lin­ge het som­mer spon­taan be­gin dans ty­dens PJ Cruz se op­tre­de.

Die skool se hoof­lei­ers, Ke­vin Coet­zee en Lisa van der West­huy­zen, ver­tel vir Ru­ben Del­ma­ge van GROOTfm90.5 hoe spe­si­aal die Ho­ër­skool Gars­fon­tein is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.