Diens vir ge­sneu­wel­de sol­da­te by Voor­trek­ker­mo­nu­ment

Beeld - - Tshwa­ne­-Beeld -

Die Raad van Mi­li­tê­re Ve­te­ra­ne­or­ga­ni­sa­sies (RM­VO) se jaar­lik­se ge­denk­diens by die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag se Muur van He­rin­ne­ring op die Voor­trek­ker­mo­nu­ment se Er­fe­nis­ter­rein word Son­dag 31 Mei ge­hou.

Dié diens ver­vang die RM­VO se jaar­lik­se ge­denk­diens wat in die ver­le­de by Fort Klap­per- kop ge­hou is.

Dit word in sa­me­wer­king met ver­skeie in­stan­sies, waar­on­der die Voor­trek­ker­mo­nu­ment en die Er­fe­nis­stig­ting, aan­ge­bied. Die diens word ge­wy aan al­le sol­da­te wat in diens van die land ge­sneu­wel het en nie net díe wat in bos­oor­log dood is nie.

Die Muur van He­rin­ne­ring is op 25 Ok­to­ber 2009 by ’n krans­leg­gings­ge­leent­heid in­ge­wy. Dit is by­ge­woon deur tal­le naas­be­staan­des van sol­da­te wat dood is tus­sen 31 Mei 1961 (Re­pu­bliek­wor­ding) en 27 A­pril 1994 (die da­tum waar­op die Suid-A­fri­kaan­se Weer­mag in die nu­we Suid-A­fri­kaan­se Na­si­o­na­le Weer­mag op­ge­neem is).

Die 32 Ba­tal­jon-e­re­stomp, die 31/201 Ba­tal­jon-e­re­naald en ’n spe­si­a­le ge­denk­te­ken ter ere van die le­de wat in O­pe­ra­sie Sa­van­nah in 1975-’76 ge­sneu­wel het, as­ook ’n spe­si­a­le nis­muur vir die be­wa­ring van die as van oud­le­de van die weer­mag, vorm deel van dié Weer­mag-her­den­kings­kom­pleks op die Voor­trek- ker­mo­nu­ment se er­fe­nis­ter­rein.

Die ver­rig­tin­ge be­gin 09:00 vir 09:30 en so­wat 700 gas­te word ver­wag.

Die ver­rig­tin­ge word ook op die in­ter­net uit­ge­saai by w­hoels.co.za.

Beeld­ma­te­ri­aal van vo­ri­ge ja­re se ge­denk­diens­te is ook op dié web­werf be­skik­baar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.