Sim­fo­nie­mu­siek in Au­la

Beeld - - Tshwane­-Beeld -

Die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ri­a­sim­fo­nie-or­kes (Up­so) bied Son­dag ’n pro­gram aan wat iets vir elk­een sal bied in ’n kon­sert ge­ti­teld True Co­lours.

Die pro­gram be­loof wer­ke van Beet­ho­ven, Mo­zart en Jo­hann S­trauss jr. aan die klas­sie­ke kant, maar daar is ook ver­wer­kings van ge­wil­de kon­tem­po­rê­re mu­siek met keur­spe­le van The Be­at­les, Ab­ba, Si­mon and Gar­fun­kel en Qu­een. Te­ma­lied­jies van die be­kend­ste Ja­mes Bond-flieks kom ook aan die beurt.

Suid-A­fri­kaan­se mu­siek sal ’n kop­knik kry met mu­siek van F­reshly­ground, B­ren­da Fas­sie en Mi­ri­am Ma­ke­ba. Die klan­ke van A­fri­ka sal ook weer­klink in To­to se tref­fer “A­fri­ca”.

Die or­kes, wat be­staan uit 60 stu­den­te van Up­so en die u­ni­ver­si­teit se blaas­or­kes, oe­fen so­wat ses uur per week. Die stu­den­te stu­deer nie al­mal mu­siek nie en het ver­skil­len­de ag­ter­gron­de.

Son­dag se di­ri­gent is S­chalk van der Mer­we.

“Die pro­gram met We­ster­se, A­fri­ka- en pop­mu­siek gee aan hier­die ta­lent­vol­le jong mu­si­kan­te ’n mil­joen ver­skil­len­de kleu­re waar­mee hul­le die mu­siek kan in­kleur.

“Dit is ’n reis vol e­mo­sie, kul­tuur, er­fe­nis en her­in­ne­rin­ge,” sê Van der Mer­we.

Son­dag se ver­to­ning vind om 14:00 in die Au­la op die Hat­field-kam­pus van die u­ni­ver­si­teit plaas. Kaar­tjies kos R170 by Com­pu­tic­ket, en R150 vir stu­den­te en pen­si­oe­na­ris­se.

Meer in­lig­ting is be­skik­baar by 012 420 2641.

) Een ge­luk­ki­ge Tshwa­neBeeld- le­ser kan vier kaar­tjies wen om Son­dag se kon­sert by te woon. Stuur voor mô­re­mid­dag om 16:00 e-pos met jou kon­tak­be­son­der­he­de aan up­so@up.ac.za met TSHWA­NEBEELD in die on­der­werp­veld.

Die wen­ner sal te­le­fo­nies in ken­nis ge­stel word.

S­chalk van der Mer­we sal Son­dag as di­ri­gent op­tree in die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria­sim­fo­nie­or­kes se True Co­lours­kon­sert in die Au­la­te­a­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.