Com­ra­des­le­gen­des gee raad

Beeld - - Tshwane­-Beeld -

Die Ned­bank-at­le­tiek­klub het ver­le­de week ’n funk­sie in Groen­kloof aan­ge­bied om hul le­de wat Son­dag aan van­jaar se Com­ra­des-ul­tra­wed­loop deel­neem, af te sien en sterk­te toe te wens.

Drie Com­ra­des-le­gen­des; Fran­ces van B­lerk (wen­ner in 1992), Nick Be­ster (wen­ner in 1991) en Bru­ce For­dy­ce (wen­ner van 1981 tot 1990) het die as­pi­rant at­le­te met raad en staal­tjies ge­mo­ti­veer.

Die drie het tus­sen hul­le al­te- sa­me 67 me­dal­jes, waar­van 21 goud is. Dit was ver­al For­dy­ce wat die be­gin­ners aan sy lip­pe ge­had het met die ko­mie­se ma­nier waar­op hy een van die mees uit­da­gen­de wed­lo­pe op aar­de be­skryf het.

Hy het dit be­na­druk dat die wed­loop met die groot­ste re­spek aan­ge­pak moet word, want al­hoe­wel dit van­jaar ’n af-wed­loop is van Pie­ter­ma­ritz­burg na Dur­ban, be­staan ’n groot ge­deel­te van die eer­ste 55 km hoof­saak­lik uit vrees­aan­ja­en­de op­draan­des.

Hy het dit ver­ge­lyk met die be­ken­de “hart­breek­hoog­te” wat deel is van die Bos­ton-ma­ra­thon in A­me­ri­ka, wat vol­gens For­dy­ce nie eens ’n naam sou ge­had het as dit deel van die Com­ra- des-roe­te was nie. Die wed­loop sal be­slis weer van­jaar ’n paar nu­we le­gen­des op­le­wer, maar vir die ge­mid­del­de at­leet is dit ’n lang dag, wat al voor son­op be­gin en eers ná son­on­der ein­dig. Vir die at­le­te vir wie die Com­ra­des dalk nog bie­tjie ver is van­jaar, bied die Brook­lyn-ge­meen­skaps­wed­loop Sa­ter­dag die i­de­a­le ge­leent­heid om te be­gin oe­fen vir vol­gen­de jaar.

Die wed­loop be­gin om 07:00 by Brook­lyn P­ri­ma­ry en vind plaas oor af­stan­de van 2 km, 4 km of 8 km.

Ska­kel Daan du Toit van die Run & Walk for Li­fe-at­le­tiek­klub by 082 572 4169.

) Stuur hard­loop- en stap­nuus na go­bey@tel­kom­sa.net

Die voor­mai­l­ge Com­ra­des­kam­pi­oe­ne Nick Be­ster, Fran­ces van B­lerk en Bru­ce For­dy­ce was saam met Bru­ce se vrou, Jill, gas­te by die Ned­bank­at­le­tiek­klub se on­lang­se Com­ra­des­funk­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.