Bla­de, moe­nie be­lo­we wat jy nie kan be­taal nie

Beeld - - Kommentaar -

Tin­kie Nieu­woudt de Beer van Pot­chef­stroom skryf:

Dr. Bla­de N­zi­man­de, mi­nis­ter van on­der­wys, moes des­tyds in sy voet­spo­re om­spring en ’n knie­val maak om­dat die im­pak van #Fees­Mus­tFall gro­ter was as wat hy ge­dink het. Dit was die ein­ste N­zi­man­de wat met die oog op stem­me vir die ver­kie­sing gra­tis u­ni­ver­si­teits­on­der­rig be­lo­we het.

Nou sit hy met ’n ys­li­ke bak ge­bak­te pe­re. Ná ’n paar aan­vank­li­ke ag­gres­sie­we jak­kals­dans­pas­sies het hy la­ter ge­sê daar is ge­noeg geld in die land vir gra­tis on­der­rig, maar dat “ons net moet kyk waar dit is” ter­wyl daar so skuins na die ka­da­wer van a­part­heid ge­loer is.

Nou won­der ek of e­ko­no­me nie kop­pe by­me­kaar kan sit en “kyk waar die geld is” deur te be­re­ken hoe­veel geld mu­ni­si­pa­li­tei­te wat nie skoon ou­dits ge­kry het nie, al ver­mors het. En wat van die mil­jar­de ran­de wat in oor­ma- ti­ge groot sa­la­ris­se al­leen aan die reeds-so-vet-kat­te be­taal word. En die on­ver­dien­de goue hand­druk­ke. Ook ten­der­pre­neurs, kor­nui­te, ka­ders en kor­rup­te­na­re se mon­de wat moont­lik deur ver­gul­de vin­gers ge­snoer word.

En lie­we Bla­de, wie dink jy gaan nou as ge­volg van sul­ke a­stran­te be­lof­tes op­dok vir die e­nor­me ska­de aan u­ni­ver­si­tei­te en sko­le?

As jy nie kan be­taal wat jy be­lo­we nie, moe­nie be­lo­we nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.