Jy kry ’n kar! En jy kry ’n kar! En jy ...

Me­vv. Zu­ma ry luuks dank­sy be­las­ting­geld

Beeld - - Front Page - Han­nes Kru­ger

R8,6 mil­joen is die af­ge­lo­pe vyf jaar aan mo­tors vir pres. Ja­cob Zu­ma se vier vroue be­stee.

Dit sluit luuk­se mo­tors soos Ran­ge Ro­vers, Land Ro­ver Dis­co­ver­ys en Au­di Q7’s in.

In drie van die af­ge­lo­pe vyf boek­ja­re is die mo­tors uit die be­gro­ting van die po­li­sie ge­fi­nan­sier, het Na­thi Nhle­ko, mi­nis­ter van po­li­sie, in ant­woord op ’n vraag van die DA be­ves- tig. Van­jaar is R3 619 072,50 aan vyf mo­tors be­stee.

Nhle­ko se kan­toor het gis­ter­mid­dag die pre­sie­se be­son­der­he­de van die mo­tor­aan­ko­pe aan die DA ver­skaf. Die DA sê die geld kon 116 stu­den­te se u­ni­ver­si­teits­gel­de vir ’n jaar of 61 po­li­sie­le­de se sa­la­ris vir ’n jaar be­taal het.

“Suid-A­fri­ka is in ’n ver­knor­sing en die land se e­ko­no­mie bloei.”

Zak­he­le M­bhe­le, DA-woord- voer­der oor po­li­sie, sê die mo­tors is ge­noeg re­de om die be­ste­ding aan Zu­ma se fa­mi­lie te ver­min­der.

Die re­de waar­om die mo­tors ge­koop is, is om die vei­lig­heid van Zu­ma se vier vroue te ver­se­ker, sê Nhle­ko.

Vol­gens hom is die vroue se mo­tors in die boek­ja­re 2012-’13, 2013-’14 en 2015-’16 uit die po­li­sie se be­gro­ting ge­fi­nan­sier.

Vol­gens Nhle­ko is vier Ran­ge Ro­vers van R946 612,93 elk in 2013 ge­koop en in 2014 twee Land Ro­ver Dis­co­ve­ry-voer­tuie van R638 831 elk.

Van­jaar is twee Au­di Q7’s van R857 047,44 elk en drie Au­di A6’e van R634 992,54 elk ge­koop.

T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der van die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit in Pot­chef­stroom, sê hy is ge­skok, maar dis nie vir hom vreemd nie.

“Die groot pro­bleem is dat daar nie in dié sta­di­um ’n pre­si­den­si­ë­le hand­boek is wat ob­jek­tie­we maat­staw­we stel wat Zu­ma kan ver­hoed om staats­geld te mis­bruik nie.”

Ven­ter sê Zu­ma het baie swak oor­deel met die be­ste­ding van staats­geld.

“Die vraag moet wees wat­ter an­der staats­de­par­te­men­te se fi­nan­sie­ring hy mis­bruik om sy fa­mi­lie te be­voor­deel.”

Zu­ma het sy ka­bi­net in Fe­bru­a­rie in sy staats­re­de die le­vie­te voor­ge­lees oor kos­te­be­spa­rings. Hy het ge­sê die re­ge­ring on­der­neem om be­las­ting­geld wys te be­stee en ver­mor­sing te ver­min­der son­der om diens­te en die re­ge­ring se kern­plig­te in te boet.

Vol­gens M­buyi­se­ni Nd­lo­zi, na­si­o­na­le EFF-woord­voer­der, is Zu­ma “be­se­te deur die de­moon van vraat­sig­heid”.

“Hy het van die land se te­sou­rie sy per­soon­li­ke beur­sie ge­maak. Hy han­teer staats­hulp­bron­ne as­of hul­le sy pri­va­te ba­tes is. Die hulp­bron­ne en staats­geld wat Suid-A­fri­ka­ners moet dien, ge­bruik Zu­ma om hom en sy fa­mi­lie soos ko­nink­li­kes te laat leef.”

Nd­lo­zi sê die e­nig­ste ma­nier om ’n ein­de daar­aan te maak, is as Zu­ma as pre­si­dent be­dank.

“Hy moet be­dank, te­reg­staan op al die kor­rup­sie­aan­klag­te teen hom en tronk toe gaan,” sê Nd­lo­zi.

Pres. Ja­cob Zu­ma en Si­za­ke­le K­hu­ma­lo.

Zu­ma en Nom­pu­me­le­lo N­tu­li.

Zu­ma en T­ho­be­ka Ma­di­ba.

Zu­ma en Bon­gi N­ge­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.