S­ko­lier ook vas

Bid vir hom, vra sy spog­skool Boer sê hy voel ‘el­len­dig’

Beeld - - Front Page - Su­san Cil­liers, Clau­di Mai­lo­vich en Fe­lix Dlan­ga­mand­la

Die hoof­seun van die seuns­kos­huis van die spog­skool Pot­chef­stroom Gim­na­si­um is in heg­te­nis ge­neem weens die moord op twee plaas­wer­kers in Pa­rys.

Cor Log­gen­berg (18) het glo sy sa­me­wer­king aan die Val­ke ge­gee toe hul­le hom by die skool kom op­laai het. Dit was kort na­dat die skool Dins­dag vir die dag ver­daag het.

Cor is die seun van An­ton Log­gen­berg, ’n boer in die Pa­rys-dis­trik en ook een van die be­skul­dig­des in die vi­gi­lan­te-moord­saak.

Loedie van der Westhuizen (18), die seun van Boe­ta van der Westhuizen, een van die an­der be­skul­dig­des, is om­streeks 14:00 op die ge­sin se plaas in heg­te­nis ge­neem.

Daar was glo so­wat tien le­de van die po­li­sie, waar­on­der le­de van die Val­ke en die tak­tie­se­re­ak­sie­span, teen­woor­dig.

Mie­la Jan­sen van Vuur­en (22), Boe­ta se aan­staan­de skoon­seun, is ook Dins­dag ge­ar­res­teer.

Die drie sal waar­skyn­lik van­dag in die land­dros­hof in Pa­rys ver­skyn op aan­klag van moord op die plaas­wer­kers Sa­mu­el T­jixa en Si­mon Ju­be­ba.

T­jixa en Ju­be­ba is op 6 Ja­nu­a­rie in die Wei­veld-ge­bied bui­te Pa­rys glo erg aan­ge­rand deur vyf of ses van die so­wat 40 mans wat ge­re­a­geer het op die nood­op­roep van Loedie van der Westhuizen (73), ’n boer in die dis­trik en Boe­ta se pa.

Ge­tui­es be­weer Loedie is nie aan­ge­val soos hy sê nie. T­jixa en Ju­be­ba het glo hul lo­ne kom vra en Loedie het hom­self na be­we­ring be­seer toe hy hul­le met ’n be­sem­stok ver­jaag het.

Die EFF het al net ná die voor­val be­weer dit was nie ’n plaas­aan­val nie, maar ’n loon­ge­skil.

Loedie sr. sê hy voel “el­len­dig oor die ding”.

Hy het nie Dins­dag­aand ge­slaap nie, het hy by die uit­gang van sy plaas Bie­sies­bult ge­sê. “Die sto­rie maak my klaar, hoor.” Hy wou nie eint­lik praat nie, maar het ge­sê: “Jy moet in groot let­ters skryf ek is te­leur­ge­steld in die Val­ke.

“Nee, nee, nee. Hul­le is swak­ker as swak.”

Hy het ge­sê die Val­ke moet die vuur­wa­pens soek waar­mee hy daar­die dag ge­slaan is, maar hul­le doen dit nie. “Ek is baie te­leur­ge­steld.”

Cor, Loedie jr. en Mie­la sal ook weer mô­re saam met die an­der ver­dag­tes – Boe­ta, Log­gen­berg, M­ül­ler van der Westhuizen (19), Wi­an van der Westhuizen (20), Fa­nie Oost­hui­zen (42) en kapt. Henk Prins­loo (46) – ver­skyn.

Vol­gens Loedie sr. is ’n vier­de jong man, wat glo min­der­ja­rig is, ook in heg­te­nis ge­neem, maar brig. Hang­wa­ni Mu­lau­d­zi, woord­voer­der van die Val­ke, sê net drie ver­dag­tes is Dins­dag in heg­te­nis ge­neem.

Men­se wat Cor ken, be­skryf hom as ’n “baie ou­li­ke” kind.

Vol­gens die skool se web­werf is hy voor­sit­ter van Brand­wag-seuns­kos­huis se kos­huis­raad.

Die skool het op sy Fa­ce­book-blad ’n in­skry­wing ge­doen oor die in­heg­te­nis­ne­ming van die leer­ling.

“Cor Log­gen­berg (graad 12) en 3 an­der jong­man­ne is ge­ar­res­teer na aan­lei­ding van die plaas-aan­val wat ge­du­ren­de Ja­nu­a­rie van­jaar in die Pa­rys­om­ge­wing plaas­ge­vind het. Ons vra as­se­blief dat die skool en ge­meen­skap vir hul­le sal bid, so­dat ge­reg­tig­heid sal ge­skied.”

Kal­lie K­riel, uit­voe­ren­de hoof van A­friForum, het ge­sê as die ge­rug­te waar is dat daar geen plaas­aan­val was nie, sal dit “tra­gies” wees.

A­friForum het die be­skul­dig­des aan­vank­lik by­ge­staan om­dat dié bur­ger­reg­te­or­ga­ni­sa­sie van me­ning was dat die in­heg­te­nis­ne­ming van die eer­ste vier be­skul­dig­des on­bil­lik was.

Jy moet in groot let­ters skryf ek is te­leur­ge­steld in die Val­ke. Hul­le is swak­ker as swak. — LOEDIE VAN DER WESTHUIZEN (73), BOER

Fo­to: FA­CE­BOOK

Cor Log­gen­berg (18), wat gis­ter by sy skool in heg­te­nis ge­neem is

Fo­to’s: FE­LIX DLAN­GA­MAND­LA

Die in­gang na die plaas Bie­sies­bult.

Loedie van der Westhuizen (73)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.