On­nie be­kyk wat leer­ling glo teis­ter

Beeld - - Front Page -

Amp­te­na­re van die de­par­te­ment van on­der­wys in Gau­teng be­soek van­dag ’n ho­ër­skool in die Vaal­drie­hoek ná be­we­rings dat ’n on­der­wy­se­res ’n skool­mei­sie aan dié skool teis­ter.

’n Bron het skerm­gre­pe van bood­skap­pe tus­sen die on­der­wy­se­res en die be­trok­ke skool­mei­sie aan Net­werk24 ge­stuur. Fo­to’s van ’n vrou met ont­blo­te bors­te is deel daar­van.

Die bron, wat a­no­niem wil bly, sê sy is twee we­ke ge­le­de be­wus ge­maak van die bood­skap­pe “van ’n sek­su­e­le aard” tus­sen die on­der­wy­se­res en leer­ling.

Die leer­ling se vrien­din het glo die bron ge­na­der na­dat die leer­ling haar om hulp ge­vra het om die si­tu­a­sie te han­teer.

Die bron het die Suid-A­fri­kaan­se Raad van Op­voe­ders (Sa­ro) ge­kon­tak om ’n klag van sek­su­e­le teis­te­ring teen die on­der­wy­se­res in te dien.

Sy het glo ook die skool ge­kon­tak, maar hul­le het glo nooit te­rug­ge­kom na haar nie.

Die skool­hoof sê hy het geen klag­tes van dié aard ont­vang nie en weet nie van e­ni­ge on­smaak­lik­he­de tus­sen e­ni­ge van sy on­der­wy­sers en leer­lin­ge nie. Beeld weer­hou om regs­re­des die skool se naam en dié van die be­trok­ke­nes.

Net­werk24 het die on­der­wy­se­res ge­bel en dié het die aan­ty­gings teen haar ont­ken. Vol­gens haar het die leer­ling “ge­voe­lens vir haar” ont­wik­kel.

Sy het ge­sê daar was ’n paar maan­de ge­le­de ’n voor­val waar ’n skool­mei­sie haar foon ge­bruik het toe sy uit die klas­ka­mer was. Vol­gens die on­der­wy­se­res het die leer­ling haar­self met die foon ge­bel en só die on­der­wy­se­res se nom­mer ge­kry.

“Die mei­sie het bood­skap­pe aan my ge­stuur en ek het die hoof da­de­lik daar­van ver­tel. Hy het die saak met die leer­ling han­teer. Ek weet nie wat­ter stap­pe hy ge­doen het nie.”

Ou­pa Bo­di­be, woord­voer­der van die Gau­teng­se de­par­te­ment van on­der­wys, sê die saak is aan­ge­stuur na hul ar­beids­ver­hou­din­ge-af­de­ling, wat van­dag ’n span na die skool sal stuur.

Hy sê sou die leer­ling se aan­ty­gings waar wees, is die on­der­wy­se­res se ge­drag on­aan­vaar­baar.

Tar­ren­Lee Ha­bel­gaarn

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.