Rug­by­koors tref Lof­tus

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

Lan­klaas is rug­by­koors so die hoog­te in­ge­jaag as met die Juk­skei-stryd tus­sen die Bul­le en die Leeus.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het gis­ter ge­sê daar is reeds meer as 21 000 kaart­jies ver­koop. Dit is aan­sien­lik meer as wat ver­le­de week dié tyd vir die S­tor­mers-wed­stryd ver­koop is. 24 786 men­se het dié wed­stryd by­ge­woon. Die voor­spel­ling vir die BulLeeu-stryd is ’n kon­ser­wa­tie­we 35 000 toe­skou­ers. In 2013 het die Su­per­rug­by-stryd tus­sen die Bul­le en die Haaie ’n ska­re van 48 365 ge­lok, ter­wyl 44 272 rug­by­lief­heb­bers die­self­de sei­soen deur Lof­tus se hek­ke is om die tuis­span se krag­me­ting met die S­tor­mers by te woon. In 2014 en 2015 het Lof­tus ’n toe­skou­er­droog­te ge­had toe die Bul­le te­leur­ge­stel het in die reeks.

Die Leeus is die voor­ste Suid-A­fri­kaan­se span in die reeks en die Bul­le is dié sei­soen steeds on­oor­won­ne op Lof­tus na­dat hy Sa­ter­dag die S­tor­mers daar ver­slaan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.