Lam­bie kan dalk die Bok­ke lei

Beeld - - Front Page - S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, kan straks skok deur Pa­trick Lam­bie as kap­tein aan te stel vir aan­staan­de maand se toets­reeks teen Ier­land.

Lam­bie en die Bul­le se A­dri­aan S­trauss is die sterk­ste kan­di­da­te vir die kap­tein­skap na­dat glo be­sluit is dat spe­lers wat hul rug­by by oor­se­se klubs speel nie vir dié rol oor­weeg mag word nie.

Dit haal twee van die sterk­ste aan­spraak­ma­kers – Du­a­ne Ver­meu­len en Fran­cois Louw – uit die prent­jie. Hul­le is on­der­skei­de­lik by Tou­lon in Frank­ryk en Bath in En­ge­land ge­kon­trak­teer.

Dis s­leg­te nuus vir War­ren W­hi­te­ley, wat op grond van sy lei­er­skap en spel­peil by die Leeus ’n sterk kan­di­daat vir die kap­tein­skap sou wees.

As Coet­zee vei­lig wil speel, sal hy S­trauss as kap­tein aan­stel. S­trauss het al dik­wels die rol van on­der­kap­tein ver­vul en sal be­slis nie te­kort­skiet nie.

Ter­self­der­tyd vier hy van­jaar sy 31ste ver­jaars­dag en be­staan daar twy­fel of hy tot 2019 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi sal deur­druk.

Die 25-ja­ri­ge Lam­bie se bes­te ja­re lê nog voor en dit sal nie ver­baas nie as Coet­zee met lang ter­myn in ge­dag­te met hom as kap­tein waag.

Dis ’n uit­ge­maak­te saak dat Lam­bie op los­ska­kel sal be­gin na­dat El­ton Jan­tjies ver­le­de na­week in die Leeus se wed­stryd teen die Ja­gua­res ’n hand­be­se- ring op­ge­doen het.

Nóg ’n fak­tor in Lam­bie se guns is dat hy waar­skyn­lik nie deur die loop van die Bok­ke se toet­se vir ’n plaas­ver­van­ger plek sal maak nie.

Dis stan­daard­prak­tyk vir ha­kers om deur die loop van twee­de helf­tes af­ge­los te word, wat teen S­trauss kan tel.

Lam­bie sou dié sei­soen as die Haaie se kap­tein be­gin het, maar het sy skou­er in ’n voor­sei­soen­se wed­stryd teen Tou­lon ont­wrig en Be­ast M­ta­wa­ri­ra het as kap­tein waar­ge­neem.

Se­dert Lam­bie se te­rug­keer is die Haaie in drie wed­stry­de on­oor­won­ne.

Coet­zee maak sy groep Sa­ter­dag­aand be­kend.

) In­tus­sen is Quinn Roux, ’n voor­ma­li­ge slot van die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie en S­tor­mers, in die Ier­se toer­groep in­ge­sluit.

Roux, wat vir Con­nacht speel, is een van drie Suid-A­fri­ka­ners in die groep van 32. Die ha­ker Ri­chardt S­trauss en die los­voor­spe­ler CJ S­tan­der is die an­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.