‘Kos­pak­kies nie no­dig vir stem­me nie’

Beeld - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Kaap­stad. – Die ANC hoef nie stem­me met kos­pak­kies te koop nie.

Die par­ty is heel­te­mal in staat om men­se te oor­reed om vir hom te stem. Kos­pak­kies word net in­ge­vol­ge wet­ge­wing ver­sprei, het adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa gis­ter in vra­e­tyd in die par­le­ment ge­sê.

B­rid­get Ma­san­go (DA) het hom ge­vra hoe die re­ge­ring gaan ver­se­ker dat die­ge­ne wat in die ver­kie­sings­veld­tog kos­pak­kies uit­deel, men­se nie ook sal aan­raai om vir die ANC te stem nie.

Ra­map­ho­sa het ge­sê maat­skap­li­ke hulp is een van die wa­pens wat die re­ge­ring in die stryd teen ar­moe­de ge­bruik.

“Wan­neer hulp aan be­hoef­ti­ge men­se ge­gee word, het­sy dit kos­pak­kies, kom­ber­se of an­der hulp­maat­re­ëls is, moet dit nooit be­skou word as dat die ANC, wat die re­ge­ren­de par­ty is, stem­me koop nie,” het hy ge­sê.

“Dit is nie no­dig vir die ANC om stem­me te koop deur mid­del van kos­pak­kies nie.

“Die ANC as die re­ge­ren­de par­ty het ge­noeg er­va­ring, die reg­te be­leid en ge­noeg ver­mo­ëns om men­se te oor­tuig om vir hul­le te stem eer­der as deur mid­del van kos­pak­kies.”

Lie­zel van der Mer­we (IVP) wou weet hoe die re­ge­ring teen die ge­bruik van kos­pak­kies deur po­li­tie­ke par­tye in ver­kie­sings­veld­tog­te gaan op­tree.

Sy wou ook weet hoe Suid-A­fri- ka­ners daar­van ver­se­ker kan wees dat die ko­men­de mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing vry en reg­ver­dig sal wees.

Adv. T­hu­li Ma­don­se­la, o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), het vroe­ër van­dees­maand be­vind die uit­deel van kos­pak­kies en die R100 000-wel­syn­geld wat ses jaar ge­le­de deur die des­tyd­se ANC-jeug­li­ga­lei­er Ju­li­us Ma­le­ma on­der die vaan­del van die ANC daar­voor ge­bruik is, is stry­dig met die Grond­wet, ’n mis­bruik van staats­hulp­bron­ne en kom op wan­be­stuur neer.

Ra­map­ho­sa het gis­ter ge­sê die OB se be­vin­dings word as bin­dend be­skou. Hy het daar­op ge­wys dat al­le po­li­tie­ke par­tye die On­af­hank­li­ke Ver­kie­sings­kom­mis­sie (OVK) se ge­drags­ko­de vir die ver­kie­sing on­der­te­ken het. Die re­ge­ring meen staats­hulp­bron­ne moe­nie vir par­ty­po­li­tie­ke doel­wit­te ge­bruik word nie.

Kos­pak­kies word vol­gens hom net aan die­ge­ne uit­ge­deel wat in­ge­vol­ge wet­ge­wing daar­voor in aan­mer­king kom.

In teen­stel­ling met p­res. Ja­cob Zu­ma se vra­e­ses­sie ver­le­de Dins­dag het Ra­map­ho­sa se vra­e­ses­sie seep­glad ver­loop.

EFF-LP’s is steeds ge­skors ná ’n on­der­on­sie wat daar­op uit­ge­loop het dat hul­le uit die NV ver­wy­der is – som­mi­ge vir vyf dae en an­der vir tien dae. Ook Co­pe-LP’s, wat NV-ak­ti­wi­tei­te reeds lan­ger as ’n maand boi­kot, was af­we­sig.

Fo­to: SIYASANGA MBAMBANI, DE­PAR­TE­MENT VAN KOMMUNIKASIE

Adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa vroe­ër van­dees­maand by die WEF in R­wan­da.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.