Zu­ma kry sy vlieg­tuig, al is daar nie geld nie

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Dit is on­ver­my­de­lik dat ’n splin­ter­nu­we pre­si­den­si­ë­le stra­ler ge­koop moet word, al het die de­par­te­ment van ver­de­di­ging nie eens ge­noeg geld om sy eie mi­li­tê­re plan­ne in wer­king te stel nie.

No­si­vi­we Ma­pi­sa-N­qa­ku­la, mi­nis­ter van ver­de­di­ging, het gis­ter in die par­le­ment her­be­ves­tig dat ’n stra­ler vir p­res. Ja­cob Zu­ma ge­koop gaan word en ook er­ken haar de­par­te­ment het nie geld om van sy eie nood­saak­li­ke her­sie­nings­plan­ne in wer­king te stel nie.

Vol­gens haar word daar tans stap­pe ge­doen om ek­stra geld vir die de­par­te­ment te be­kom.

“Een van daar­die stap­pe is ’n ou­dit wat ons van al die de­par­te­ment se ei­en­dom­me laat doen het. Ons weet nou pre­sies wat die waar­de van hier­die ei­en­dom­me is.

“Ons kan hier­die ei­en­dom­me ge­bruik om ek­stra geld te be­kom.”

Oor die splin­ter­nu­we pre­si­den­si­ë­le stra­ler het sy ge­sê dis tyd dat daar eens en vir al­tyd oor hier­die kwes­sie “ge­praat word so­dat dit af­ge­sluit kan word”.

“Die de­part­ment van ver­de­di­ging kan dit nie ver­my om ’n nu­we pre­si­den­si­ë­le stra­ler te koop nie.”

Dit is die po­li­sie se ver­ant­woor­de­lik­heid om die land se lei­ers te be­skerm. “Die de­par­te­ment van ver­de­di­ging is ver­ant­woor­de­lik vir die ver­voer van hier­die lei­ers. Ons moet die vei­lig­heid van die land se lei­ers, so­wel as al­mal wat saam met hul­le reis, ver­se­ker.”

Die DA het on­langs ge­sê die re­ge­ring kan tot R3,4 mil­jard bespaar om aan an­der voor­keur­sa­ke in sy be­gro­ting te be­stee as hy die pre­si­den­si­ë­le stra­ler nie koop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.