‘Niks ver­dags in Gup­ta­ba­ga­sie ge­kry’

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Doe­a­ne­be­amp­tes het 15 stuk­ke ba­ga­sie van die Gup­ta-fa­mi­lie deur­ge­soek die nag toe hul­le in hul pri­va­te stra­ler na Du­bai ver­trek het, maar “niks ver­dags” daar­in ge­vind nie.

Wil­li­am M­pye, hoof van doe­a­ne van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens, het gis­ter voor ’n ge­sa­ment­li­ke sit­ting van die ko­mi­tee oor fi­nan­sies, han­del en ny­wer­heid en mi­ne­ra­le bron­ne vrae oor die Gup­tas se ge­hei­me ver­trek ver­le­de maand na die Mid­de-Oos­te be­ant­woord.

Vol­gens M­pye het doe­a­ne­o­wer­he­de die aand van die vlug ’n ver­kla­ring van die stra­ler se kap­tein ont­vang. “Daar was agt men­se aan boord en 15 stuk­ke ba­ga­sie. Al­le ba­ga­sie is . . . ge­skan­deer en deur­ge­soek. Daar is niks ver­dags . . . ge­vind nie.”

Yu­nus Car­rim, ANC-LP en voor­sit­ter van die sit­ting, het ge­sê die Gup­tas moet ver­volg word as hul­le iets ver­keerds ge­doen het. “Nie­mand wil hê hul­le moet hul ver­ant­woor­de­lik­he­de vry­spring nie.”

Vol­gens Car­rim moet daar eg­ter kon­se­kwent­heid wees met ant­woor­de wat daar ver­al van staats­in­stel­lings ver­wag word.

“Die ban­ke kan aan mi­nis­ters sê dat hul­le nie kan ont­hul waar­om hul­le ban­de met die Gup­tas se on­der­ne­mings ver­breek het nie. As die Fi­nan­si­ë­le In­tel­li­gen­sie­sen­trum (FIS) en Pra­vin Gord­han, fi­nans­mi­nis­ter, sê die wet laat hul­le nie toe om te ont­hul of die FIS die Gup­tas on­der­soek nie, kan ons nie aan­hou vra of dit die ge­val is of nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.