‘SA het ’n sta­bie­le de­mo­kra­sie’

Beeld - - Nuus -

Kaap­stad. – Die ANC het ’n sterk lei­ers­korps wat die par­ty en die land lei, sê adj.p­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa.

“Al ons lei­ers is op pad vo­ren­toe, jy sal dit op 3 Au­gus­tus sien,” het hy gis­ter in die par­le­ment in ant­woord op ’n vraag van Da­vid May­nier (DA) ge­sê.

May­nier wou weet of Ra­map­ho­sa in die ver­leent­heid was toe hy af­ge­vaar­dig­des op die pas af­ge­lo­pe Wê­reld­ E­ko­no­mie­se Forum in R­wan­da moes oor­tuig dat Suid­A­fri­ka ’n “sta­bie­le de­mo­kra­sie” is en of hy dit in die lig daar­van nou oor­weeg om hom­self vir die ANC­lei­ers be­skik­baar te stel en Zu­ma só te ver­wy­der.

Ra­map­ho­sa het ge­ant­woord dit was baie op­kik­ke­rend om aan sy broers en sus­ters op die A­fri­ka­vas­te­land te sê dat Suid­A­fri­ka ’n “baie sta­bie­le de­mo­kra­sie” is en ’n duur­sa­me Grond­wet het.

“Nou wil ek aan jou ’n vraag vra: Is jy be­reid om jou­self vir die lei­er­skap van jou par­ty be­skik­baar te stel en M­mu­si Mai­ma­ne uit te knik­ker?

“Dalk moet jy eers daar­die vraag be­ant­woord, want ons as die ANC het geen pro­bleem nie.”

Al ons lei­ers is op pad vo­ren­toe, jy sal dit op 3 Au­gus­tus sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.