‘My Co­ke­era is nou ver­by’

U­nie­ke i­tems te koop vir R70 000

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Chris­to P­re­to­ri­us het net nie meer ge­noeg plek nie.

Daar­om moet sy u­nie­ke – en reus­ag­ti­ge – ver­sa­me­ling van by­na e­nig­iets met die woord “Co­ca-Co­la” op nou ’n an­der huis kry.

Die koel­drank be­staan al so­wat 130 jaar en 30 jaar daar­van het P­re­to­ri­us aan sy Co­ke-ver­sa­me­ling ge­bou.

“Die by­na 1 000 ar­ti­kels het elk ’n sto­rie, ’n ge­skie­de­nis. Maar dit is nou tyd dat ek dit laat gaan. Ek het af­skeid ge­neem en af­slui­ting ge­kry,” sê P­re­to­ri­us, ’n in­wo­ner van S­wel­len­dam.

Die he­le ver­sa­me­ling word teen R70 000 op die ad­ver­ten­sie­blad Gum­tree aan­ge­bied – heel­wat min­der as die wa­re gel­de­li­ke en sen­ti­men­te­le waar­de.

“Dit is ’n uit­son­der­li­ke ver­sa­me­ling van on­der meer bot­tels, blik­kies, ys­kas­te, sam­bre­le en koel­bok­se.

“Dit kom uit die ont­hou-jy- nog-dae van Co­ca-Co­la se jo­jo’s en mi­ni­a­tuur-bot­tel­tjies,” sê Clai­re Cob­ble­dick, Gum­tree se be­mar­kings­hoof.

P­re­to­ri­us was nog op skool toe die Co­ke-blik­kies met Kers­va­der-prent­jies uit­ge­kom het.

“Ek het hul­le be­gin ver­sa­mel. Dit was nie te moei­lik nie, want in daar­die sta­di­um was ek by­na ver­slaaf aan Co­ke.”

La­ter het men­se hom Co­ke“goe­ters” be­gin gee om­dat hul­le ge­weet het van sy groei­en­de ver­sa­me­ling.

Be­ne­wens die on­ge­veer 100 Co­ke-pet­te, 274 blik­kies en ’n wer­ken­de Co­ke-ys­kas van 1957, is daar skink­bor­de, spie­ëls, hand­doe­ke, bot­tel­oop­ma­kers, ’n ho­ë­trou­stel­sel in ’n Co­ke-blik en P­re­to­ri­us se hart se punt: sy Co­ke-ver­sier­de mo­tor­fiets.

“Maar dié mo­tor­fiets is nog nie te koop nie. Ek won­der nog of ek hom moet laat gaan.”

Oor die ja­re heen het die ver­sa­me­ling saam met P­re­to­ri­us ver­huis en la­ter sy huis­kroeg vol­ge­staan.

“Toe maak ons die re­stau­rant op S­wel­len­dam oop en al die Co­ke-goed is soon­toe.

“Men­se het spe­si­aal ge­kom om die ver­sa­me­ling te sien, fo­to’s te neem. Selfs oor­se­se toe­ris­te het op hul twee­de be­soek aan Suid-A­fri­ka vir my Co­kei­tems van hul lan­de ge­bring.”

Maar selfs die re­stau­rant het te klein vir al­les ge­raak. “Som­mi­ge goed moes weer in bok­se in. En die af­stof­werk!”

Hul­le trek nou see toe en raak ont­slae van goed wat plek op­neem.

“Van die goed is on­ver­vang­baar, dus was ek eers erg teen die i­dee om dit te ver­koop. Maar dit staan nou net in bok­se waar dit tot niet gaan. Ek het clo­su­re ge­kry. Dis tyd dat dit gaan.”

Daar was baie re­ak­sie op sy Gum­tree-ad­ver­ten­sie, maar dit was te veel werk om die ar­ti­kels een-een te ver­koop of pak­kies te maak en te ont­hou wie wat be­stel het.

“Nou ver­koop ek die he­le ver­sa­me­ling op een slag.”

Dié mo­tor­fiets is Chris­to P­re­to­ri­us se hart se punt en is nié te koop nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.