Groot skui­we kom ná be­dan­kings van eNuus­aan­bie­ders

Beeld - - Nuus - Ma­la­ni Ven­ter

Groot ver­an­de­rings en per­so­neel­skui­we is by eNuus aan die kom, sê An­ton Har­ber, hoof­re­dak­teur van eNCA.

Drie vroue-aan­bie­ders het die af­ge­lo­pe maand be­dank, vol­gens bron­ne weens ’n ge­boe­lie deur ver­al twee se­ni­or be­stuurs­le­de.

A­ni­na Peens, ’n an­ker­aan­bie­der en joer­na­lis wat in die eer­ste week van Mei be­dank het, sê daar is ver­skeie re­des vir haar be­sluit, maar dat haar lo­ja­li­teit al­tyd by eNuus sal wees. Vol­gens haar wil sy graag meer mens- en spe­si­a­lis-be­rig­te doen en voel sy die paar mi­nu­te wat ’n nuus­in­set­sel duur, laat nie al­tyd reg aan sto­ries ge­skied nie.

“Ui­ter­aard was daar ook kan­toor­po­li­tiek, maar ’n mens mag nie toe­laat dat kan­toor­po­li­tiek die beeld ska­de doen nie. Ek was al ge­luk­ki­ger in my le­we,” sê sy.

En­ke­le dae ná haar be­dan­king het die eNuus-aan­bie­der Jen­naLeigh Bi­long 24 uur ken­nis ge­gee. Sy sê sy was on­ge­luk­kig, maar het ook om per­soon­li­ke re­des be­dank.

“Ek het ge­hoor van die ver­an­de­rings, en af­han­gen­de hier­van is daar ’n moont­lik­heid dat ek te­rug­gaan,” sê Bi­long. Sy is nou by TBN in A­fri­ca, ’n Chris­te­li­ke ka­naal op DStv, be­trok­ke.

Maan­dag het Li­ma­ri Louw, ’n eNuus-aan­bie­der en -nuus­skry­wer, be­dank, on­der meer weens die be­stuur.

“Ek het die af­ge­lo­pe ses jaar my hart en siel in eNuus ge- ploeg,” sê sy.

“Hul­le het ’n pro­duk van goeie ge­hal­te op­ge­bou en daar is po­ten­si­aal om die bul­le­tin na ho­ër hoog­tes te neem en ’n gro­ter mark te ont­sluit.

“Ek sien uit na die be­plan­de ver­an­de­rings, maar wik en weeg nog oor die fi­na­li­teit van my be­dan­king. Ek brand ter­self­der­tyd vir nu­we uit­da­gings en my eer­ste lief­de bly ra­dio.”

Har­ber het nie kom­men­taar ge­le­wer op die be­dan­kings nie. Hy het wel ge­sê die nuus oor die ver­an­de­rings sal in die vol­gen­de paar dae be­kend ge­maak word.

Vol­gens die bron­ne het Bi- long, Peens en Louw glo in hul be­dan­kings­brie­we die re­des vir hul be­sluit uit­een­ge­sit.

Har­ber sê ’n ge­boe­lie sal nie toe­ge­laat word nie en daar sal vin­nig op­ge­tree word om dit te stop.

An­dries Cor­ne­lis­sen, eNuus se nuus­re­dak­teur, het gis­ter ge­sê hy weet van die be­dan­kings, maar hy mag nie na­mens die maat­skap­py daar­oor praat nie. Hy het al­le navrae na Har­ber ver­wys.

Li­ma­ri Louw

Jen­na­Leigh Bi­long

A­ni­na Peens

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.