Rond­lo­per Syl­ves­ter ver­trek mô­re na Ad­do

Beeld - - Nuus - Su­zaan Pot­gie­ter

Syl­ves­ter, Suid-A­fri­ka se stout­ste leeu, word mô­re uit­ein­de­lik na die Ad­do-o­li­fant Na­si­o­na­le Park bui­te Port E­li­za­beth ver­skuif.

Boe­re rond­om die Ka­roo Na­si- on­a­le Park het hom so ge­doop na­dat hy vir die eer­ste keer ont­snap het. In Maart het hy vir die twee­de keer so ge­maak.

Syl­ves­ter sal in ’n bo­ma in ’n om­hein­de ge­bied van 200 ha in Ad­do woon waar twee leeu­wy­fies reeds op hom wag, sê San- par­ke in ’n ver­kla­ring. Die twee sus­sies is ver­le­de jaar in die park ge­red na­dat ’n slang hul ma dood­ge­byt het.

“La­ter sal die leeus in die park vry­ge­laat word.”

Syl­ves­ter het op 5 Ju­nie ver­le­de jaar vir die eer­ste keer ont- snap en ’n 24 dae lan­ge soek­tog na hom het San­par­ke R800 000 uit die sak ge­jaag. Met sy twee­de ont­snap­ping, op 28 Maart, was hy net vier dae weg.

Daar word ge­hoop dat Syl­ves­ter en die twee wy­fies hul eie trop sal vorm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.