‘Eers ’n slag en toe kre­te om hulp’

Voor­ma­li­ge kol­le­ga in heg­te­nis

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Kaap­stad. – Ie­mand by die kleu­ter­skool het haar ge­bel en ge­sê haar seun­tjie is siek, sy moet sy kli­niek­kaart en ge­boor­te­ser­ti­fi­kaat bring.

“Toe ek by die skool kom, was daar baie ou­ers en ’n po­li­sie­voer­tuig. Ek het een van die ou­ers ge­vra wat aan­gaan . . . toe sê sy my kind is dood,” sê No­buhle Ko­ti (30).

Die een­ja­ri­ge Sihlan­gu­le Ko­ti het Vry­dag­og­gend in die Si­not­han­do E­du­ca­re Cen­t­re in Wal­la­ce­de­ne, Kraai­fon­tein, ver­smoor, sê lt.kol. An­drè Traut, po­li­sie­woord­voer­der.

Die on­der­wy­ser was glo drie mi­nu­te uit die ver­trek, sê Ko­ti. “Toe sy te­rug­kom, het al die kin­ders na sy lyk staan en kyk. Sy rug­sak se band was om sy nek.”

Sihlan­gu­le se pa, Mee­bi­si Nd­la­ze (32), sê die kleu­ter­skool het hom laat weet daar is ’n “groot pro­bleem” en dat hy sy seun moet kom op­laai. “Toe ek daar aan­kom, was an­der ou­ers be­sig om hul kin­ders op te laai. Ek het ’n po­li­sie­man ge­vra wat aan­gaan, toe sê hy my kind is dood,” sê Nd­la­ze.

Ko­ti sê haar seun is al se­dert hy ses maan­de oud is in die kleu­ter­skool en sy het die on­der­wy­sers ten vol­le ver­trou.

Ester Le­wis, woord­voer­der van die Wes-Kaap­se de­par­te­ment van maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling, sê die kleu­ter­skool is nie ge­re­gis­treer nie. Die de­par­te­ment en die Kaap­se stads­raad was be­sig met die pro­ses om te ver­se­ker dat die skool aan al die ver­eis­tes vol­doen.

Vol­gens Le­wis het die seun­tjie se ou­ers en klas­maats be­ra­ding ont­vang.

Sihlan­gu­le word vol­gen­de Sa­ter­dag in die Oos-Kaap ter rus­te ge­lê.

Die po­li­sie on­der­soek die seun­tjie se dood. Jo­han­nes­burg. – ’n Elektrisiën van Hart­bees­fon­tein het om hulp ge­skreeu voor­dat ’n ro­wer hom Dins­dag­og­gend vroeg met ver­moe­de­lik ’n ha­mer doodgeslaan het.

“Ek het ’n slag ge­hoor en toe roep hy: ‘Buur­man, buur­man!’ ” sê Hen­nie Ven­ter, wat langs Ja­cob M­qi­ke­la (39) woon.

M­qi­ke­la is in­ge­wag toe hy om­streeks 04:30 van die werk af ge­kom het. Hy is waar­skyn­lik ge­slaan ter­wyl hy oor sy hei­ning pro­beer vlug het.

A­bra­ham Roth­man (39), ’n voor­ma­li­ge kol­le­ga, is kort daar­na in heg­te­nis ge­neem.

Roth­man se kle­re was glo be­bloed toe hy in die na­by­ge­leë Ti­ga­ne-towns­hip vas­ge­trek is, sê lt.kol. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der in Noord­wes.

’n Sak goe­de­re is na be­we­ring by hom ge­vind, maar daar is nog nie be­paal aan wie dit be­hoort het nie, sê hy.

Roth­man sal na ver­wag­ting bin­ne­kort in die hof in K­lerks­dorp ver­skyn.

M­qi­ke­la werk al 18 jaar vir Coun­try Bi­rd Hol­dings in Hart­bees­fon­tein. Sy be­stuur­der, Mor­né Jer­ling, sê hy was ’n baie goeie en vrien­de­li­ke wer­ker.

“Hy het sy loop­baan in die pro­duk­sie-af­de­ling be­gin en ge­vor­der tot ’n ge­kwa­li­fi­seer­de elektrisiën.

“Ons sal sy fa­mi­lie help met die be­graf­nis­re­ë­lings.”

Roth­man het tot on­ge­veer vier jaar ge­le­de vir die on­der­ne­ming ge­werk. Hoen­ders word by die on­der­ne­ming ge­slag. Ven­ter sê hy het ’n ge­skar­rel ge­hoor toe M­qi­ke­la Dins­dag­og­gend vroeg van die werk af kom.

“Ek het aan­ge­neem van Ja­cob se kol­le­gas was saam met hom.”

Ven­ter het gaan on­der­soek in­stel toe hy M­qi­ke­la om hulp hoor roep. “Ek het oor die muur ge­kyk en twee mans in die erf ge­sien. Die een het ’n rug­sak ge­dra. Die an­der een het in die huis be­weeg, maar ek het ge­dink dis Ja­cob. Ek is toe na my huis om ’n flits te gaan haal.”

M­qi­ke­la het toe reeds erg be­seer in die erf teen die hei­ning ge­lê, maar Ven­ter kon hom nie sien nie. Een van die an­der bu­re wat ’n ven­ster hoor breek het, het die po­li­sie ge­bel.

Toe Ven­ter met die flits by M­qi­ke­la se huis kom, was die po­li­sie reeds daar. Hul­le het M­qi­ke­la se lyk ge­vind.

Vol­gens Ven­ter het M­qi­ke­la al­leen ge­woon. “Ek het hom net nou die dag nog by die vul­sta­sie raak­ge­loop. Hy het ge­skerts hy kan nog nie trou nie om­dat hy nie geld vir lo­bo­la het nie.”

El­ma­ri­ne An­tho­ny

Fo­to: NASIEF MANIE

Sihlan­gu­le Ko­ti No­buhle Ko­ti, Sihlan­gu­le se ma. Sihlan­gu­le het Vry­dag in die Si­not­han­do E­du­ca­re Cen­t­re in Wal­la­ce­de­ne, Kraai­fon­tein, ver­smoor.

Fo­to: NASIEF MANIE

Die kleu­ter­skool in Wal­la­ce­de­ne, Kraai­fon­tein, waar Sihlan­gu­le Vry­dag ver­smoor het. Die po­li­sie on­der­soek die voor­val.

Ja­cob M­qi­ke­la ver­le­de jaar toe hy ’n toe­ken­ning ont­vang het as die werk­ne­mer van die maand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.