Ge­weld in Ham­mans­kraal is ANC se skuld, sê DA­kan­di­daat

Beeld - - Nuus - Re­tha Fou­rie

Raads­le­de van die Tshwa­ne-me­tro moet die skuld kry vir die ge­weld in Ham­mans­kraal, sê Sol­ly M­si­man­ga, die DA se bur­ge­mees­ter­skan­di­daat vir Tshwa­ne.

Daar­by druk die raad pro­jek­te deur wat na­de­lig is vir die stad se men­se ter­wyl daar hoe­ge­naamd nie be­groot word vir pro­ble­me wat drin­gend aan­dag be­no­dig nie, het hy ge­sê.

M­si­man­ga het in sy “al­ter­na­tie­we be­gro­ting” op die voor­aand van die stad se be­gro­tings­re­de deur K­go­sient­so Ra­mokg­o­pa, bur­ge­mees­ter, ver­skeie pun­te uit­ge­lig wat die DA in die me­tro an­ders sou pak in­dien hy die mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Au­gus­tus in Tshwa­ne sou wen.

M­si­man­ga sê in­wo­ners van Ham­mans­kraal het Maan­dag vroeg­og­gend al aan hom ge­sê se­ke­re raads­le­de het ge­sê hul­le mag op die be­trok­ke stuk grond gaan huis op­slaan om­dat die grond vol­gens hul­le in elk ge­val vir ont­wik­ke­ling be­doel is.

Hul­le sou glo dan eer­ste in aan­mer­king kom vir grond wan­neer dit toe­ge­ken word.

Die men­se het reeds vir die grond be­taal. Die be­trok­ke raads­le­de het eg­ter spoor­loos ver­dwyn toe die pro­ble­me ont­staan, sê hy.

Twee men­se is dood en ses be­seer in ge­veg­te na­dat die Rooi­mie­re die po­li­sie en die Tshwa­ne-me­tro­po­li­sie in­ge­stuur is om plak­kers­hut­te te ver­wy­der.

M­si­man­ga sê hy praat nie die men­se se op­tre­de goed nie, maar hul­le het dui­de­lik keel­vol ge­raak dat raads­le­de hul geld neem en nie toe­sien dat hul­le kry wat hul­le toe­kom nie.

Vol­gens M­si­man­ga be­hoort dié raads­le­de aan­spreek­lik ge­hou te word vir die ska­de wat aan­ge­rig is, soos die bus­se wat uit­ge­brand het.

“Die ANC-raads­le­de se op­t­re- de hier was ’n po­li­tie­ke streek soos dié van die EFF, maar het le­lik ge­boe­me­rang.”

Om sul­ke voor­val­le te ver­hoed, sal die DA eers ’n be­hoor­li­ke grond­ou­dit doen en dan toe­sien dat aan­soe­ke op die reg­te ma­nier ge­han­teer word.

Hy sê die DA sal die oor­drag van ti­tel­ak­tes ’n pri­o­ri­teit maak en toe­sien dat lys­te vir die toe­ken­ning van grond of hui­se deur­sig­tig is om kor­rup­sie deur raads­le­de te voor­kom.

M­si­man­ga is ook kri­ties oor die me­tro se plan om die Ca­le­do­ni­an-sok­ker­klub, wat 113 jaar oud is, te sloop en ’n “te­ma­park soos Cen­tral Park in New York” daar te bou.

M­si­man­ga be­weer Ra­mokg­o­pa wil eint­lik ’n ho­tel daar laat op­rig.

Nog ’n as­pek wat vol­gens M­si­man­ga pri­o­ri­teit sou ge­niet on­der die DA, is her­stel­werk aan en die in­stand­hou­ding van die stad se in­fra­struk­tuur.

“Die be­gro­ting van R1,5 mil­jard is baie min­der as die na­si­o­na­le te­sou­rie se aan­be­vo­le be­drag van R2,8 mil­jard, ter­wyl die be­gro­ting vir sa­la­ris­se aan se­ni­or amp­te­na­re reeds die pla­fon be­reik het in ’n raad waar die me­tro­be­stuur­der se sa­la­ris gro­ter is as dié van die land se pre­si­dent,” sê M­si­man­ga.

Fo­to: THAPELO MAPHAKELA

Sol­ly M­si­man­ga, DA­bur­ge­mees­ter­skan­di­daat vir Tshwa­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.