Ou­ers wil hof toe ná kind by bus­hal­te dood­ge­skok is

Beeld - - Nuus - Ma­rie­tie Louw­Car­stens

Po­lo­kwa­ne. – Die ou­ers van ’n gr. 6-leer­ling wat by ’n bus­hal­te dood­ge­skok is, oor­weeg reg­stap­pe teen die Po­lo­kwa­ne-mu­ni­si­pa­li­teit.

Mi­lis­wa Lux­an­de (12), ’n gr. 6-leer­ling aan Pie­ters­burg Com­pre­hen­si­ve S­chool, is Don­der­dag­mid­dag by die bus­hal­te in Gro­bler­straat dood­ge­skok.

P­hoe­be Lux­an­de, Mi­lis­wa se ma, sê sy weet nie hoe sy son­der haar dog­ter gaan oor­leef nie. Mi­lis­wa het ver­le­de maand haar ver­jaar­dag ge­vier.

P­hoe­be sê sy en haar man, maj. Vum­wuyi­si Lux­an­de, gaan be­slis reg­stap­pe teen die Po­lo­kwa­ne-mu­ni­si­pa­li­teit doen.

“Ons weet niks sal ons kind te­rug­bring nie, maar iets só kos­baar is van ons weg­ge­neem . . . die mu­ni­si­pa­li­teit moet ver­ant­woor­de­lik­heid aan­vaar.”

Mi­lis­wa se pa, ’n weer­mag­lid, sê hy is “bit­ter on­te­vre­de” met die mu­ni­si­pa­li­teit.

“Ek en my vrou rou. Ons fo­kus nou eers op ons dog­ter se be­graf­nis en sal vol­gen­de week met ’n pro­ku­reur praat.”

Mi­lis­wa sal Sa­ter­dag in die Oos-Kaap be­gra­we word.

Die eg­paar se e­nig­ste dog­ter is dood toe sy aan die staal­struk­tuur van die bus­hal­te ge­raak het ter­wyl sy ná skool op ’n bus ge­wag het wat haar huis toe sou vat.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het on­langs ’n krag­kas langs die bus­hal­te op­ge­rig. E­lek­tri­si­teit is na die bus­hal­te ge­lei om ’n ad­ver­ten­sie­bord te ver­lig.

’n Leer­ling aan Pie­ters­burg Com­pre­hen­si­ve P­ri­ma­ry S­chool het Maan­dag­mid­dag ge­sê hy is twee we­ke ge­le­de ge­skok toe hy met sy lin­ker­hand aan die bus­hal­te ge­raak het.

Hy wou nie sy naam noem nie om­dat hy bang is hy kom in die moei­lik­heid.

Ja­c­ques S­mal­le, DA-lei­er, sê die tra­gie­se voor­val waar­in Mi­lis­wa dood is, kon voor­kom ge­wees het in­dien die Po­lo­kwa­ne-mu­ni­si­pa­li­teit be­hoor­li­ke oor­sig­be­soe­ke aan bus­hal­tes waar e­lek­tri­si­teits­bok­se op­ge­rig word, ge­doen het.

Mats­hi­diso Mot­ha­po, woord­voer­der van die Po­lo­kwa­ne-mu- ni­si­pa­li­teit, sê ’n on­der­soek word na die voor­val ge­doen en hul­le kan nie ver­der kom­men­taar le­wer nie.

Die e­lek­tri­si­teits­toe­voer na krag­bok­se by bus­hal­tes reg oor die stad is se­dert Mi­lis­wa se dood af­ge­ska­kel.

S­mal­le sê die krag­bok­se word op­ge­rig as deel van die stad se be­plan­de snel­bus­diens. Bou­werk aan die snel­bus­diens word o­ral in die stad ge­sien.

Mi­lis­wa Lux­an­de

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.