Man eis R2,6 milj. weens slag­gat

Beeld - - Nuus - Je­an­ne­Ma­rié Ver­sluis

’n Sa­ke­man wat glo ’n erns­ti­ge brein­be­se­ring op­ge­doen het toe hy met sy mo­tor­fiets deur ’n slag­gat ge­ry het, eis R2,6 mil­joen van die Dit­so­bot­la-mu­ni­si­pa­li­teit in Noord­wes.

Fran­cois van der Mer­we (39) van Kie­ser­vil­le in Lich­ten­burg sê in sy eis­be­son­der­he­de in die hoog­ge­regs­hof in Ma­hi­keng hy het op 14 Au­gus­tus 2013 deur ’n slag­gat ge­ry waar 6de Laan by 1ste S­traat in die woon­buurt aan­sluit. Dit is ’n blok van sy huis in 6de Laan.

As dit nie ’n slag­gat was waar­deur hy ge­ry het nie, was dit ’n plek in die pad­op­per­vlak wat “erg ge­dis­in­te­greer het”. Hy het be­heer oor sy mo­tor­fiets ver­loor en ge­val.

Van der Mer­we be­weer hy het ook veel­vul­di­ge sag­te­weef­sel­be­se­rings, ’n bors­kas­be­se­ring en kneus­plek­ke aan die lin­ker­rib­be­kas, e­mo­si­o­ne­le skok en trau­ma op­ge­doen.

Hy sê die mu­ni­si­pa­li­teit was na­la­tig om­dat die krui­sing nie “ge­reeld” vir slag­ga­te ge­ïn­spek­teer is nie, die pad­op­per­vlak nie be­hoor­lik of e­nig­sins in stand ge­hou is nie en daar nie waar­sku­wings­te­kens was oor die ge­vaar­li­ke pad­toe­stan­de nie. Die be­ska­dig­de de­le is ook nie af­ge­sper om te keer dat men­se daar­oor ry nie.

Je­an-Paul Rudd, ’n pro­ku­reur van die regs­fir­ma A­dams & A­dams in P­re­to­ria, sê Van der Mer­we be­sit ’n on­der­ne­ming in die dorp wat lug­re­ë­ling ver­skaf. Die on­der­ne­ming het et­li­ke maan­de stil­ge­staan weens Van der Mer­we se be­se­rings.

“Hy pro­beer dit weer op die been kry, maar sy kop­be­se­ring is van so ’n aard dat hy slegs half­dag kan werk,” sê Rudd.

Die mu­ni­si­pa­li­teit het ’n ken­nis­ge­wing by die hof in­ge­dien dat hy die eis gaan teen­staan. Hy moet sy ver­weer­skrif nog in­dien.

Fran­cois van der Mer­we

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.