Be­stuur­der van wild­re­ser­vaat af­ge­dank ná hy duur bok­ke skiet

Beeld - - Nuus - – Buks Vil­joen

Die be­stuur­der van ’n pri­va­te wild­re­ser­vaat tus­sen M­bom­be­la (Nel­spruit) en Bar­ber­ton is sy werk kwyt na­dat hy pe­per­duur bles­bok­ke ge­jag het.

P­hil­lip van der Watt was die be­stuur­der van die Kas­teel­kop-re­ser­vaat, wat aan die wild­boer Bar­ry Ja­cobs be­hoort.

Van der Watt is Dins­dag by sy spog­huis op die re­ser­vaat in heg­te­nis ge­neem na­dat die po­li­sie glo ’n wenk oor on­wet- ti­ge jag­prak­ty­ke waar­by hy be­trok­ke is, ge­kry het.

Bloed is ag­ter­op Van der Watt se bak­kie ge­kry.

Toe die po­li­sie se K9-een­heid en le­de van die M­pu­ma­lan­ga-toe­ris­me-en-par­ke­a­gent­skap die op­stal deur­ge­soek het, het hul­le ook vars ge­slag­te vleis in ’n bui­te­ka­mer ge­vind.

Van der Watt het aan­vank­lik aan­ge­voer dit is ’n boer­bok wat hy ge­slag het.

Ná on­der­vra­ging het hy er­ken dat hy drie bles­bok­ke in die re­ser­vaat ge­jag het.

Hy het Dins­dag in die hof ver­skyn en skuld be­ken. Hy is met R5 000 be­boet. Ja­cobs het reeds tug­stap­pe ge­doen om Van der Watt af te dank.

Van der Watt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.