‘VSA­kerk­skie­ter wil dood­straf ver­my’

Beeld - - Wêreld-Beeld - – Al Ja­zeera

Washing­ton. – Dylann S­torm Roof (22), wat aan­ge­kla word van die skiet­dood van ne­ge swart kerk­gan­gers, sal in twee ver­ho­re te­reg­staan waar­in die aan­kla­ers die dood­straf wil hê.

Roof, van Lex­ing­ton, Suid-Ca­ro­li­na, het na be­we­ring op 17 Ju­nie ver­le­de jaar op ne­ge men­se in die E­ma­nu­el A­fri­can Met­ho­dist E­pis­co­pal C­hurch los­ge­brand.

Dié kerk in C­har­le­ston het meest­al swart lid­ma­te.

’n Fa­ce­book-fo­to van Roof met ’n ou Suid-A­fri­kaan­se vlag en ’n ou R­ho­de­sie­se vlag op sy baad­jie het daar­na in die me­dia ver­skyn.

Hy is ’n dag ná die skie­te­ry in S­hel­by, Noord-Ca­ro­li­na, in heg­te­nis ge­neem.

Roof word in die staat Suid-Ca­ro­li­na so­wel as in die fe­de­ra­le hof aan­ge­kla.

Dit is on­dui­de­lik wan­neer die fe­de­ra­le ver­hoor sal be­gin.

“Die de­par­te­ment van jus­ti­sie wil die dood­straf hê weens die aard van die be­weer­de mis­daad en die ge­volg­li­ke ska­de,” het Lo­ret­ta Lynch, mi­nis­ter van jus­ti­sie, in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Fe­de­ra­le aan­kla­ers het in ’n af­son­der­li­ke aan­soek in C­har­le­ston ver­swa­ren­de fak­to­re ge­noem wat vol­gens hul­le die dood­straf reg­ver­dig. Roof het “haat en ver­ag­ting van swart men­se uit­ge­spreek, so­wel as sy weer­sin in an­der groe­pe, en sy vy­an­dig­heid teen swart A­me­ri­ka­ners het ’n rol in die moor­de ge­speel”, lui die hof­stuk­ke deur Ju­li­us Ri­chard­son en Nat­han Wil­li­ams, aan­kla­ers. Sy staats­ver­hoor be­gin op 17 Ja­nu­a­rie.

Sy regs­ver­teen­woor­di­gers het ge­sê hy sal ver­kies om die dood­straf te ver­my deur skuld te be­ken en tot le­wens­lan­ge tronk­straf ge­von­nis te word.

Fo­to: AP

Dylann S­torm Roof

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.