Skool vra ver­sko­ning vir Zu­ma­spot­prent

Beeld - - Wêreld-Beeld - – News24

’n Pri­va­te Chris­te­li­ke skool in Jo­han­nes­burg het om ver­sko­ning ge­vra vir ’n gr. 6-toets waar­in vrae oor ’n Za­pi­ro-spot­prent van p­res. Ja­cob Zu­ma ge­vra is.

Die pu­bliek meen dat dit “on­sen­si­tief, aan­stoot­lik en s­leg­te smaak is” en daar­om het die skool­hoof om ver­sko­ning ge­vra, het die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Die spot­prent is in ’n En­gels­vi­su­e­le­ge­let­terd­heids­toets ge­bruik.

Die hoof het die de­par­te­ment ver­se­ker dat daar geen kwa­de be­doe­lings is nie en dat die skool sal op­hou om spot­pren­te te ge­bruik wat moont­lik tot “ont­stel­te­nis of ver­war­ring” kan lei.

Die de­par­te­ment het die ver­sko­ning ver­wel­kom.

Die skool het ’n Za­pi­ro-spot­prent van Zu­ma ge­bruik waar hy in ’n swem­bad vol geld dryf. Dit is ge­grond op die R246 mil­joen wat aan sy pri­va­te N­kand­la­wo­ning be­stee is, glo om die vei­lig­heids­maat­re­ëls te ver­be­ter. Dit het ’n swem­bad in­ge­sluit.

Leer­lin­ge is ge­vra om die man in die spot­prent te i­den­ti­fi­seer en te sê of hul­le vir hom as pre­si­dent sou stem net op grond van wat hul­le in die spot­prent sien.

Een leer­ling se ant­woord lui: “Nee, ek sou nie, want hy lyk heel­te­mal te dom om te dink aan an­der en hy swem in geld wat wys dat hy self­sug­tig is wat geld be­tref.”

Pa­ny­a­za Le­su­fi, LUR vir on­der­wys in Gau­teng, sê die kwes­sie is deur ’n ou­er on­der die de­par­te­ment se aan­dag ge­bring.

Amp­te­na­re het Maan­dag met die hoof en gr. 6-on­der­wy­ser ver­ga­der. Leer­lin­ge aan die skool skryf ek­sa­mens van die On­af­hank­li­ke Ek­sa­men­raad (IEB) en volg die kur­ri­ku­lum-en-as­ses­se­rings­be­leids­ver­kla­ring (Caps).

Die de­par­te­ment be­skryf Caps as ’n kur­ri­ku­lum “waar­deur uit­druk­king ge­gee word aan die ken­nis, vaar­dig­he­de en waar­des wat leer­saam in Suid-A­fri­kaan­se sko­le is”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.