Wa­ter: ‘Dis dalk tyd vir in­gry­ping’

Beeld - - Wêreld-Beeld - E­li­se Tem­pel­hoff

Die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie het gis­ter er­ken dit het “moont­lik” tyd ge­word om sen­si­tie­we, wa­ter­ry­ke ge­bie­de in M­pu­ma­lan­ga teen myn­bou te be­skerm.

“Die re­ge­ring be­skou myn­bou wel as kri­tiek be­lang­rik vir die e­ko­no­mie­se ont­wik­ke­ling van die land.”

So het S­put­nik Ra­tau, woord­voer­der van die de­par­te­ment, ge­re­a­geer op die ver­doe­men­de ver­slag, “Ze­ro Hour”, wat die Sen­trum vir Om­ge­wings­reg (CER) Maan­dag uit­ge­reik het.

In die ver­slag, wat oor vyf jaar saam­ge­stel is, word uit­een­ge­sit hoe die de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie en van mi­ne­ra­le bron­ne men­se­reg­te in M­pu­ma­lan­ga ver­trap deur myn- en wa­ter­li­sen­sies uit te reik son­der in­ag­ne­ming van as­pek­te soos bi­o­di­ver­si­teit en lug­ge­hal­te.

Die sa­me­stel­lers van die ver­slag eis on­mid­del­li­ke op­tre­de deur dié twee de­par­te­men­te.

“Dit het tyd ge­word dat dié de­par­te­men­te voor­keur gee aan die men­se en die om­ge­wing in M­pu­ma­lan­ga en dat myn­maat­skap­pye wat men­se­reg­te ver­trap, vas­ge­vat word,” lui die ver­slag.

Ra­tau sê baie van die ne­ga­tie­we im­pak van myn­bou in M­pu­ma­lan­ga is his­to­ries om­dat suur myn­wa­ter reeds op som­mi­ge p­lek­ke uit­loop.

Hy het er­ken die re­ge­ring moet ’n groot be­leg­ging doen om die steen­kool voet­spoor in M­pu­ma­lan­ga te po­lis i eer .“Die de­par­te­ment van wa­te­re n sa­ni­ta­sie het die af­ge­lo­pe twee jaar’ n erns­ti­ge per­so­neel­te­kort er­vaar, maar is be­sig om ses Blou S­ker­pi­oe­ne aan te stel.”

Vol­gens Ra­tau sal die de­par­te­ment bin­ne­kort met die CER ver­ga­der.

Die de­par­te­ment van mi­ne­ra­le bron­ne het nog nie op die ver­slag ge­re­a­geer nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.