Jong sa­ke­lui se kon­trak­te ‘is om stem­me te werf’

Beeld - - Wêreld-Beeld - – Su­san Cil­liers

Noord­wes se pre­miers­kan­toor het Dins­dag kon­trak­te van R10 mil­joen aan 139 jong sa­ke­lui oor­han­dig deur dié kan­toor se jeug-en­tre­pre­neurs diens.

Joe M­cGlu­wa, DA-lei­er in Noord­wes, sê die fi­nan­sie­ring hou ver­band met die pro­vin­si­a­le Wet op Jeug-en­tre­pre­neurs diens­te wat die ANC eers Dins­dag in die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer “deur­ge­druk” het.

M­cGlu­wa meen dié wet is ’n rook­skerm om stem­me te werf en ANC-ge­sin­des te be­voor­deel.

Ter­wyl daar Dins­dag nog in die pro­vin­si­a­le wet­ge­wer oor die wets­ont­werp ge­de­bat­teer is, was die ge­leent­heid waar die geld aan jong en­tre­pre­neurs oor­han­dig is reeds aan die gang.

B­ri­an Set­swam­bung, woord­voer­der van die pre­miers­kan­toor, sê eg­ter die wet wat Dins­dag goed­ge­keur is en die fi­nan­sie­ring vir jeug­di­ge en­tre­pre­neurs staan on­af­hank­lik van me­kaar.

“Die fi­nan­sie­ring was geen­sins af­hank­lik van die goed­keu­ring van die wet nie. Daar is reeds lank­al be­groot vir die fi­nan­sie­ring in die hui­di­ge geld­jaar. Die be­voor­deel­des het al ver­le­de jaar be­gin aan­soek doen vir die geld (en moes sa­ke­plan­ne voor­lê). Die DA ver­staan dui­de­lik nie die wet en fi­nan­sie­ring is a­par­te pro­ses­se nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.