Der­tien nu­we on­wet­ti­ge be­leg­ging­ske­mas on­der­soek

Beeld - - Sake -

Kaap­stad. – Die Re­ser­we­bank het in 2015 al­te­saam 13 nu­we on­wet­ti­ge be­leg­ging­ske­mas on­der­soek.

Die re­gis­tra­teur van ban­ke het in 2015 ’n aan­tal navrae en klag­tes ont­vang oor on­der­ne­mings wat de­po­si­to’s neem van die pu­bliek son­der dat hul­le ge­re­gis­treer is as ’n bank.

Die re­gis­tra­teur sê ge­woon­lik word on­wet­ti­ge ske­mas eers aan­ge­meld deur be­leg­gers wan­neer hul­le nie meer hul be­loof­de op­brengs­te kry nie.

Die re­gis­tra­teur sê dis be­moe­di­gend dat daar in die jaar ’n ver­skui­wing was om pro­ak­tief op te tree en in te gryp.

In die af­ge­lo­pe vyf jaar van Ja­nu­a­rie 2011 tot ein­de De­sem­ber 2015 is die on­der­soek na 71 ske­mas af­ge­han­del. Van die ske­mas was daar 64 wat met on­wet­ti­ge de­po­si­to­ne­ming ver­band ge­hou het.

In 2015 is nog 41 ske­mas on­der­soek, waar­van 28 van die vo­ri­ge jaar af oor­ge­dra is. In die jaar is 22 af­ge­han­del. Die 13 nu­we ske­mas wat ver­le­de jaar be­gin on­der­soek is, is min­der as die 18 van die vo­ri­ge jaar. – Nel­lie Brand­Jon­ker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.