1ste aan­bod dalk nie die laas­te

Beeld - - Sake Nuus - Han­lie S­tad­ler en Bloom­berg

Monsanto het sy neus op­ge­trek vir die eer­ste aan­bod wat sy Duit­se me­de­din­ger, Bayer, op die ta­fel ge­plaas het.

Die deur is eg­ter nog wa­wyd oop vir on­der­han­de­lin­ge na­dat Monsanto in ’n ver­kla­ring ge­sê het hy glo in die voor­de­le wat ’n sa­me­smel­ting kan bring en dat hy Bayer re­spek­teer.

Die Duit­se far­ma­seu­tie­se en che­mie­se reus het $62 mil­jard aan­ge­bied vir die A­me­ri­kaan­se bi­o­teg­no­lo­gie­maat­skap­py en “sien uit na ver­de­re ge­sprek­ke met Monsanto”, lui­dens ’n ver­kla­ring.

Bayer se aan­bod kom neer op $122 per aan­deel, ter­wyl Monsanto se aan­deel­prys op die New York­se aan­de­le­beurs Dins­dag op $109,30 ge­sluit het.

Dit is glad nie on­ge­woon dat maat­skap­pye tou­trek oor só ’n e­nor­me aan­bod nie. In die ge­val van An­he­u­ser-Busch InBev (AB InBev) se aan­bod vir SABMil­ler is eers die vier­de aan­bod deur die di­rek­sie ge­steun.

Ontleders is be­kom­merd dat die tran­sak­sie teen­stand van me­de­din­gings­o­wer­he­de kan kry om­dat dit die wê­reld se groot­ste saad- en plaag­do­der­maat­skap­py sal skep. Ja­son Mi­ner van Bloom­berg In­tel­li­gen­ce re­ken dat Monsanto ’n bui­ten­ge­wo­ne “breuk­geld” sal eis. Dit is die geld wat Bayer sal moet be­taal as die fi­na­le aan­bod deur die mat val, het­sy om­dat aan­deel­hou­ers of re­gu­leer­ders dit nie goed­keur nie.

In die ge­val van SABMil­ler, moet AB InBev $3 mil­jard op­dok as die tran­sak­sie deur die mat val.

Monsanto is die pi­o­nier van ge­ne­ties ge­mo­di­fi­seer­de saad, ter­wyl Bayer die maat­skap­py is wat as­pi­rien aan die wê­reld be­kend ge­stel het. Al­bei maat­skap­pye is meer as 100 jaar oud.

Die sa­me­smel­ting sal be­spa­ring van na­ge­noeg $1,5 mil­jard bin­ne drie jaar kan mee­bring, raam Bayer.

Monsanto het van die jag­ter in die prooi ver­an­der. Ver­le­de jaar het hy pro­beer om die S­wit­ser­se ver­vaar­di­ger van plaag­do­ders, Syn­gen­ta, teen $46,2 mil­jard te koop. Syn­gen­ta het die aan­bod van die hand ge­wys, maar word nou teen na­ge­noeg $43 mil­jard deur C­hi­na Na­ti­o­nal C­he­mi­cal in­ge­sluk.

Ontleders raam dat Bayer tot $145 per aan­deel, of­te­wel by­na $74 mil­jard, vir Monsanto sal moet op­dok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.