Nai­doo nu­we re­gis­tra­teur van ban­ke

Beeld - - Sake Nuus -

Kaap­stad. – Ku­ben Nai­doo, ad­junk­pre­si­dent van die Re­ser­we­bank, is van 1 Ju­nie as die nu­we re­gis­tra­teur van ban­ke aan­ge­stel.

U­na­thi Kam­la­na en Den­zel Bostan­der is as die ad­junk­re­gis­tra­teurs van ban­ke aan­ge­stel.

Die aan­stel­lings is deur Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van fi­nan­sies, goed­ge­keur in­ge­vol­ge die Bank­wet.

Nai­doo volg René van Wyk op wat ein­de Mei uit­tree as re­gis­tra­teur van ban­ke. Hy het vyf jaar in die pos ge­dien.

Die aan­stel­lings van Nai­doo en sy ad­junk­te gaan vir ’n tyd­perk van net twee jaar wees of tot wan­neer die re­gu­le­rings­wets­ont­werp op die fi­nan­si­ë­le sek­tor (die so­ge­naam­de T­win Pe­aks-wet­ge­wing) ge­pro­mul­geer word.

Die rol­le van die re­gis­tra­teur en ad­junk­re­gis­tra­teurs van ban­ke sal krag­tens die nu­we wet weg­val. ’n Nu­we re­gu­leer­der word dan ge­ves­tig om toe­sig oor ban­ke én ver­se­ke­raars te hou. Die rol van die Re­ser­we­bank sal wees om die he­le fi­nan­si­ë­le mark teen in­een­stor­ting te be­skerm. Om­dat ver­se­ke­raars ook ka­pi­taal hou, moet ook oor hul­le toe­sig ge­hou word.

Tot dus­ver het die Raad op Fi­nan­si­ë­le Diens­te (RFD) oor ver­se­ke­raars toe­sig ge­hou. Die RFD sal in die toe­koms net oor mark­prak­ty­ke wag hou om ver­brui­kers te be­skerm.

Nai­doo het van­dees­week in die par­le­ment ge­sê die wets­ont­werp maak nou on­der meer voor­sie­ning vir toe­sig oor fi­nan­si­ë­le­diens­te­kon­glo­me­ra­te soos A­fri­can Bank Investments (A­bil) wat die moe­der­maat­skap­py van A­fri­can Bank was.

Tal­le fi­nan­si­ë­le­diens­te­groe­pe be­sit ver­se­ke­raars en ban­ke. In A­bil se ge­val het hy ’n meu­bel­han­de­laar be­sit wat groot­liks by­ge­dra het tot die bank se kri­sis.

Vol­gens hom sal die toe­sig­hou­ding oor kon­glo­me­ra­te wat in die wets­ont­werp ver­vat is, dit moont­lik maak om we­sen­li­ke en­ti­tei­te soos ’n ver­se­ke­raar of meu­bel­han­de­laar in te sluit as daar ge­glo word daar is ’n we­sen­li­ke ri­si­ko vir ’n bank.

Nai­doo is tans reeds ver­ant­woor­de­lik vir die bank­toe­sig­hou­dings­af­de­ling van die Re­ser­we­bank. Kam­la­na is al vyf jaar by die Re­ser­we­bank en is tans hoof van be­leid, s­ta­tis­tie­ke en on­der­steu­ning. Bostan­der is al 16 jaar by die Re­ser­we­bank in ver­skeie rol­le. Hy is tans waar­ne­men­de ad­junk­hoof van die bank­toe­sig­hou­dings­af­de­ling. Rob Ur­ry, wat tans ’n ad­junk­re­gis­tra­teur is, sal in die pos dien tot­dat die nu­we wet in wer­king tree.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.