Ge­meen­te in Pta breek ook weg

Twee groe­pe ver­an­der hul naam

Beeld - - Nuus - C­har­lea Sie­ber­ha­gen

’n Twee­de ge­meen­te het van An­dries Ens­lin se Lewensentrum-groep weg­ge­breek.

Paul Gro­bler, pre­di­kant van die P­re­to­ria Lewensentrum (PLS), het Son­dag in die kerk­diens ge­sê die ge­meen­te is se­dert die be­gin van die maand on­af­hank­lik.

“Die be­sluit is ge­neem na aan­lei­ding van ge­beu­re die af­ge­lo­pe se­we maan­de by die Al­ber­ton Lewensentrum en die ma­nier waar­op die Al­ber­ton Lewensentrum se lei­er­skap ’n si­tu­a­sie han­teer het,” het Gro­bler aan die ge­meen­te ge­sê.

“Ons glo dat daar nie met deur­sig­tig­heid en ver­ant­woor­de­lik­heid op­ge­tree is nie en dat dit to­taal teen­stry­dig is met die waar­des waar­vol­gens ons hier­die ge­meen­te wil be­stuur.”

Hy het ge­sê die PLS-ge­meen­te­be­stuur is be­sig om ’n nu­we nie­wins­ge­wen­de maat­skap­py te re­gis­treer. Dit sal so­wat ses maan­de duur. Die ge­meen­te se naam gaan ook ver­an­der.

Ens­lin is ein­de ver­le­de jaar vir drie maan­de op “ver­plig­te ver­lof” ge­plaas. Dié ver­lof het in Ja­nu­a­rie tot ’n ein­de ge­kom.

Gro­bler wou by na­vraag nie uit­wei oor die “si­tu­a­sie” waar­na hy in die diens ver­wys het nie.

Vol­gens twee on­af­hank­li­ke bron­ne hou die PLS se be­sluit om weg te breek ver­band met Ens­lin se ver­plig­te ver­lof.

Gro­bler het sy ge­meen­te­le­de in P­re­to­ria ver­se­ker dat die be­stuurs­le­de van die ge­meen­te aan­bly en dat “niks gaan ver­an­der ten op­sig­te van die le­ring, die kul­tuur en fi­lo­so­fie van diens­te nie”.

Die ge­meen­te, wat Son­dae in die La­er­skool Con­stan­ti­a­park in P­re­to­ria by­me­kaar­kom, is in Ja­nu­a­rie ver­le­de jaar be­gin.

Die Vaal­drie­hoek Lewensentrum (VLS), wat die groot­ste dog­ter­ge­meen­te van die Al­ber­ton Lewensentrum was, het vroe­ër van­jaar be­sluit om weg te breek.

Ma­ri­us Ma­lan, pre­di­kant van die ge­meen­te in Van­der­bijl­park, sê die ge­meen­te se nu­we naam gaan bin­ne­kort aan­ge­kon­dig word.

Daar is ook Le­wen­sen­trums aan die Wes- en die Oos-Rand, in Kaap­stad en aan die K­wa­Zu­lu-Na­tal­se Noord­kus.

In Fe­bru­a­rie is be­rig dat be­skul­di­gings van ’n on­be­taam­li­ke ver­hou­ding tus­sen se­ni­or be­stuurs­le­de glo by­ge­dra het tot die VLS se be­sluit om weg te breek.

Ma­lan wou nie kom­men­taar le­wer daar­op nie. “Die or­ga­ni­sa­sie het net te groot ge­raak om van een sen­tra­le punt af be­stuur te word,” het hy ge­sê.

Die Al­ber­ton Lewensentrum se ge­meen­te­be­stuur het nie op navrae om kom­men­taar ge­re­a­geer nie.

Ren­eil­we Dhludhlu

Fo­to: DENZIL MAREGELE

Die Al­ber­ton Lewensentrum in Al­ber­ton waar An­dries Ens­lin pas­toor is. Die ge­meen­te het oor die ja­re heen uit­ge­brei en nu­we ge­meen­tes oor die land heen ge­stig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.