Geen mi­to­lo­gie kan hier­op volg

Beeld - - Kommentaar - Kok En­gel­brecht is ’n lek­tor in po­li­tie­ke we­ten­skap aan U­ni­sa.

Toe ek ’n kind was, het ek ge­weet ek gaan een­dag ’n spi­oen wees. In my groot­word­ja­re het die Koue Oor­log sy laas­te a­sem uit­ge­blaas, en in die Suid-A­fri­kaan­se po­li­sie­staat was daar ’n spi­oen om el­ke hoek en draai.

Of so het ons ten min­ste ge­dink. Die stel­sel­ma­ti­ge ver­an­de­ring van ’n bi­po­lê­re in­ter­na­si­o­na­le stel­sel na ’n mul­ti­po­lê­re stel­sel se­dert die vroeë 1990’s het daar­toe ge­lei dat nu­we mags­ver­hou­din­ge tus­sen rol­spe­lers ge­vorm is.

Al­li­an­sies en lo­ja­li­tei­te het ver­an­der, bui­te en bin­ne staats­gren­se, en ag­ter die skerms moes groe­pe met mag deur hul a­gen­te se­ker maak dat die ver­an­de­rin­ge in die po­li­tie­ke land­skap in hul guns tel. Die i­dee van die spi­oen is ro­man­ties uit­ge­beeld in rol­pren­te en boe­ke en die kin­der­li­ke weer­ga­we van my­self was daar­van oor­tuig dat ek ook bin­ne­kort saam met die man­ne in pak­ke sal uit­hang.

In­tus­sen het die ja­re ver­by­ge­vlieg en ek het nie ’n spi­oen ge­word nie, maar ’n so­si­a­le we­ten­skap­li­ke. Die twee be­roe­pe is in we­se een­ders. In al­bei hou jy an­der men­se dop en maak sin van hul ge­drag. ’n So­si­a­le we­ten­skap­li­ke is wel ver­on­der­stel om na­vor­sing op ’n meer e­tie­se ma­nier as ’n spi­oen te doen, en in die ge­val van die so­si­a­le we­ten­skap­pe dien jy nie jou be­vin­din­ge in die vorm van in­tel­li­gen­sie oor aan die staat se be­sluit­ne­mers nie, maar pu­bli­seer dit eer­der.

My spi­oen­oog het my wel by­ge­bly en my eie na­vor­sing han­del ge­deel­te­lik oor die ma­nier waar­op be­leid­ma­kers “im­mo­re­le” op­drag­te aan bu­ro­kra­te kan gee en dit dan uit­ge­voer word, want dit is as “’n op­drag” oor­ge­dra. Voor­beel­de hier­van is die werk van die bu­ro­kraat A­dolf Ei­ch­mann in Na­ziDuits­land, en Eu­ge­ne de Kock as Vlak­plaas-be­vel­voer­der.

En so staan ek toe op Va­len­tyns­dag hier­die jaar in die in­gangs­por­taal van Ci­ne­ma Nou­veau na­dat ek laat op ’n Son­dag­aand by ’n agtuur­fliek uit­ge­stap het. Bui­te die te­a­ter sien ek ’n paar skoe­ne aan ’n man se voe­te op die vloer voor my uit­staan: Hi-Te­cseil­ste­wels wat tot bo-oor die en­kels strek.

My hart gaan staan. Kan dit wees? Ek kyk toe op en sien toe, so­waar as vet, dis Eu­ge­ne de Kock. A­ne­ma­ri Jan­sen ver­tel juis in De Kock se bi­o­gra­fie van sy voor­lief­de vir dié skoe­ne, en die styl is so ste­re­o­ti­pies van die oud-Bos­oor­log­sol­daat.

Ek het hom nie ge­na­der nie, maar ’n ruk lank stil­le­tjies ag­ter­volg. Daar­na het ek ge­won­der of ek ’n skim ge­sien het, maar het da­rem die oom­blik in die ge­heim op ’n fo­to vas­ge­lê.

Ná De Kock se on­lang­se om­stre­de ver­sky­ning by ’n li­te­rê­re fees in Fransch­hoek en die mag­dom kom­men­taar wat daar­uit voort­ge­spruit het, het hy, se­ker son­der dat hy dit doel­be­wus ge­kies het, die rol van ’n “leu­en­ver­klik­ker op twee be­ne” be­gin aan­neem.

Die me­dia het die mi­to­lo­gie rond­om hom ge­skep en tal­le kom­men­ta­tors het hul ver­stom­me­nis uit­ge­druk dat hy nie aan die ver­wag­tin­ge van hier­die mi­to­lo­gie vol­doen nie. Hy is net ’n man.

Boon­op het De Kock ook steeds ’n di­rek­te, in­di­rek­te of sim­bo­lie­se ver­bin­te­nis met baie Suid-A­fri­ka­ners se le­wens­ver­ha­le.

As ’n mens hom skie­lik sien, word daar­die per­soon­li­ke be­te­ke­nis uit­ge­lig en word jy ge­dwing om die sto­rie wat jy vir jou­self en an­der ver­tel, te kon­fron­teer.

Die waar­heid van die tyd­stip waar­in ons nou is, word na vo­re ge­bring en die mi­to­lo­gie val weg.

Dit is ’n as­pek wat ons Suid-A­fri­kaan­se sa­me­le­wing kos­baar maak: Ons kan in die raam­werk van die Grond­wet met voor­ma­li­ge oor­tre­ders en slag­of­fers om­gaan, daar­uit leer, en ons sto­ries her­sien. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.