Bie­tjie vir klein bie­tjie kal­we vriend­skap weg

Beeld - - Kommentaar -

Die ver­lies aan ’n vriend­skap ge­beur lang­sa­mer­hand: Meer sel­de ge­sel­se­ri­ge e-pos­se van daar­die a­dres in jou in­boks, min­der W­hat­sApp-bood­skap­pe wat in die week op­flits, en slegs so een of twee keer per jaar wan­neer jy die eens be­ken­de ná­klink van ’n stem­bui­ging in ’n te­le­foon­op­roep hoor.

Eers kom jy nie die ver­lo­ren­heid ag­ter nie. Jy sê vir jou­self al­mal is be­sig, het din­ge om te doen en stry­de om te stry. En tog hou jy aan om die won­der­lik ab­sur­de wat te­ë­ge­kom word en wat jy an­der­sins on­mid­del­lik sou deel met daar­die siels­vriend(in) te berg tot op ’n meer ge­pas­te tyd om die bood­skap­pe in net­jie­ser sin­ne en so ef­fens ste­rie­ler te stuur.

Jy weet nie meer soort van al­les oor die e­mo­si­o­ne­le re­gis­ter van daar­die mens wat jy vroe­ër kon op­som in die ma­nier waar­op haar skou­ers ge­draai is of die dwars­plooi oor sy neus kerf nie. Dus trap jy al hoe fy­ner met al hoe skra­ler woor­de. Soms ig­no­reer jy im­pul­sief dié ei­er­dans wan­neer ’n pa­ra­graaf in die boek wat jy lees jou op die krop van jou maag tref, hard­loop hol­der­ste­bol­der die trap af na jou re­ke­naar en skryf in uit­roep­te­kens “kyk wat het E­tien­ne Le­roux reeds in die 1960’s ge­sê! ‘ . . . daar is on­ge­veer 160 000 A­fri­kaans­spre­ken­de ge­sin­ne [in die ou Trans­vaal] wat nie A­fri­kaan­se dag­blaaie lees nie. Ek lei af dié ge­sin­ne klets van die og­gend tot die aand bin­ne die mi­kro­sko­pie­se kring van hul­le be­staan en pleeg gees­te­li­ke bloed­skan­de. Nou be­sef ek waar­om [ . . .] die A­fri­ka­ner lag as hy hoor van Vla­min­ge wat tot in die stra­te veg vir hul­le taal.’ ”

Die e-koe­vert dwar­rel die e­ter in; jy sien die bood­skap is ge­lees. Maar geen ant­woord nie, g’n de­bat, niks van die heen en weer sker­mut­se­ling van ge­dag­tes wat die vriend­skap op ’n tyd ge­ken­merk het nie. Die rui­mer wê­reld ver­eng. Op ’n dorps­dag vir in­ko­pies swaai jy die win­kel­trol­lie be­hen­dig uit die su­per­mark­gan­ge­tjie waar jy die vrou her­ken wat voor die rak met ker­se kniel. We­ke ge­le­de het jy ’n kof­fie­af­spraak met haar ge­kan­sel­leer, want sy’t ’n ma­nier om tot ag­ter jou oë te kyk, el­ke hand­ge­baar as ver­weer te troef tot­dat jou hart as’t wa­re tus­sen die sui­ker en melk op die ta­fel lê en klop in die oop­te. Jy skram nou weg.

By die kas­re­gis­ter is jy half­pad uit­ge­pak aan die ge­hei­me van jou huis­hou­ding toe ’n an­der vrou reg ag­ter jou in­val. “Wat het van jou ge­word?” roep sy uit. “O, ek móét jou ver­tel van die boek wat ek lees, so­veel kwes­sies wat daar­in ge­op­per word, ons sal wie weet hoe lank daar­oor kan gesels. Maar . . . ek hét ’n e-pos vir jou ge­stuur? Jou a­dres is mos nog die­self­de?”

Jy ont­hou. Ook dat jy die W­hat­sApp met die skun­ni­ge grap laat ver­by­gaan het. Nie die te­le­foon ge­ant­woord het toe haar nom­mer wys nie. Dat jy lang­sa­mer­hand die vriend­skap laat uit­ra­fel om­dat jy bang is sy sal jou mi­kro­sko­pie­se wê­reld ver­steur. “Ver­skoon my,” sê jy haas­tig, “ek moet nog ’n koe­rant kry . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.