Mo­ra­li­teit kry jy mos nie in ’n hand­boek nie

Beeld - - Kommentaar -

Die jong­ste bui­ten­spo­ri­ge be­ste­ding van so­wat R9 mil­joen aan luuk­se mo­tors vir p­res. Ja­cob Zu­ma se vroue spreek van ’n by­na he­ro­ïe­se vas­be­ra­den­heid om e­ni­ge vorm van kre­diet­waar­dig­heid weg te smyt.

Die aan­ko­pe in die af­ge­lo­pe vyf boek­ja­re sluit Ran­ge Ro­vers, Land Ro­ver Dis­co­ver­ys en Au­di Q7’s in. Drie van die vyf boek­ja­re se mo­tor­aan­ko­pe is uit die Suid-A­fri­kaan­se Po­li­sie­diens se be­gro­ting ge­fi­nan­sier.

Dalk dink Zu­ma R9 mil­joen is klein­geld (so­wat R246 mil­joen is al im­mers in sy eie N­kand­la-ag­ter­plaas uit­ge­gee), maar vir e­nig­ie­mand wat lands­be­lang voor­op stel, is dit ’n e­nor­me en on­no­di­ge uit­ga­we. En vir ie­mand soos mi­nis­ter Pra­vin Gord­han en an­der in die te­sou­rie wat al her­haal­de be­roe­pe op die re­ge­ring ge­doen het om min­der aan luuk­ses te be­stee, moet dié voort­ge­set­te span­da­bel­heid met be­las­ting­geld ’n e­nor­me frus­tra­sie wees.

Soos die op­po­si­sie reeds be­re­ken het, kon die geld 116 stu­den­te se u­ni­ver­si­teits­geld of 38 stu­den­te se stu­die vir ’n drie­jaar­graad ge­fi­nan­sier het. Al­ter­na­tie­we­lik kon dit 61 po­li­sie­le­de se sa­la­ris vir ’n jaar be­taal het.

In­tus­sen voel ge­wo­ne men­se die druk van moei­li­ke e­ko­no­mie­se om­stan­dig­he­de. Ge­sin­ne moet die rie­me dun­ner sny, on­der­ne­mings word ge­tref deur her­struk­tu­re­ring om te pro­beer spaar en die swaar­kry van dié wat geen be­gro­ting meer het om te sny nie word net er­ger. In­tus­sen vlam op­stan­de op in die droë gras van ont­ne­ming en swak diens­le­we­ring.

Te mid­de van dit al­les re­ken die Zu­ma-re­ge­ring dit is mo­reel aan­vaar­baar om e­nor­me uit­ga­wes aan luuk­se mo­tors, hui­se, weel­de­ri­ge par­ty­tjies en uit­spat­ti­ge ho­tel­ver­blyf voort te sit. Tel­kens word net skou­er­op­ha­lend ag­ter die mi­nis­te­ri­ë­le hand­boek ge­skuil. Laat dit nog­maals ge­sê word: Die mi­nis­te­ri­ë­le hand­boek weet níks van ge­wo­ne men­se se daag­lik­se swaar­kry nie.

Die pre­si­dent en sy mi­nis­ters, aan die an­der kant, be­hoort wel van dié swaar­kry te weet. Húl­le be­hoort ’n mo­re­le oor­deel te kan vel oor die bui­ten­spo­ri­ge uit­ga­wes. Ve­r­ant­woor­de­li­ke mi­nis­ters sou dus self toe­ge­sien het dat bui­ten­spo­ri­ge uit­ga­wes nie in hul naam aan­ge­gaan word nie.

Om­dat dít steeds nie ge­beur nie, moet die sloe­ren­de her­sie­ning van die hand­boek nou drin­gend af­ge­han­del word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.