NVG help Zu­ma aan die be­wind hou

Beeld - - Kommentaar - I­zak S­mal­man van Bail­lie­park skryf:

Tus­sen al die be­skul­di­gings teen p­res. Ja­cob Zu­ma het ons al so baie ge­hoor dat hy graag “sy dag in die hof wil hê” om sy on­skuld te be­wys.

So­dra daar­die dag net naas­ten­by op die ho­ri­son ver­skyn, veg die pre­si­dent met al­les tot sy be­skik­king om nie in die hof te ver­skyn om dan sy on­skuld te be­wys nie.

Zu­ma het nou ’n bond­ge­noot in die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) wat net so hard pro­beer om hom teen ver­vol­ging op hon­der­de straf­reg­te­li­ke aan­klag­te te be­skerm.

Die NVG se man­daat is om ’n moont­li­ke be­skul­dig­de te ver­volg wan­neer daar ’n pri­ma fa­cie- straf­reg­te­li- ke aan­klag teen so ’n per­soon be­staan. Wan­neer Zu­ma ver­volg moet word, kom die NVG tot sy red­ding en word die man­daat om­ge­swaai.

Die NVG met sy hoof, adv. S­haun A­bra­hams aan die stuur, het met ’n lui­de aan­kon­di­ging be­kend ge­maak dat daar ge­ap­pel­leer gaan word teen ’n vroe­ë­re be­slis­sing van die hoog­ge­regs­hof dat dit ver­keerd was om nie straf­reg­te­li­ke stap­pe teen Zu­ma in te stel nie.

As die NVG se ap­pèl van die hand ge­wys word, gaan hy hom na­tuur­lik op die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof be­roep.

Hier­die pro­ses(se) is tyd­saam en gee die pre­si­dent oor­ge­noeg tyd om rus­tig sy amps­ter­myn te vol­tooi en ver­de­re ramp­spoed oor die land te bring. Ons moet ont­hou dat die aan­stel­ling van regs­be­amp­tes in ons land nooit op grond van po­li­tie­ke oor­we­gings ge­doen word nie, of is ek ver­keerd?

Adv. S­haun A­bra­hams

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.