Re­ge­ring kán nie uit­spat­ti­ge be­ste­ding te­ë­werk nie

Beeld - - Kommentaar - De­on Con­ra­die skryf:

Ek lees gis­ter­og­gend in Ro­mei­ne hoe ek my re­ge­ring moet eer­bie­dig en ek be­sluit toe ek moet ’n be­ter hou­ding teen­oor hul­le hê, vir hul­le bid.

Va­nog­gend koop ek Beeld en lees die be­rig “R8,6 m. vir 4 se kar­re” op bl. 2. On­no­dig om te sê, my bloed kook.

Daar is vier pre­si­dents­vroue. Maar daar is al­te­saam 11 mo­tors ge­koop. Jam­mer, my wis­kun­de was nooit goed nie – vier vroue, maar 11 mo­tors?

En dan die kwes­sie van vei­lig­heid. Het die woord “vei­lig­heid” nie die sleu­tel vir die pre­si­den­sie ge­word om ’n mo­no­po­lie oor die staats­kas te voer nie?

Daar is ’n spreek­woord wat lui: “Practi­se w­hat you pre­ach.”

Die top­struk­tuur van die re­ge­ren­de par­ty het ab­so­luut geen ge­loof­waar­dig­heid om uit­spat­ti­ge be­ste­ding teen te werk nie. Dit raak ’n kwes­sie om “so­veel as moont­lik so gou as moont- lik” by­me­kaar te maak ter­wyl die hui­di­ge pre­si­dent aan die roer is.

Is daar werk­lik nie ie­mand in die re­ge­ren­de par­ty wat kan im­ple­men­teer wat van die ver­hoë af­ge­kon­dig word nie? In­dien nie, word die mas­sa deur die blin­de ge­lei en dit is hoe­kom dit met die land gaan soos wat dit gaan. Dit is hoe­kom ’n skool af­ge­brand word as die mu­ni­si­pa­li­teit nie diens­te le­wer nie. ’n Mu­ni­si­pa­li­teit waar­voor hul­le ge­stem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.