Bus­hal­te­skok wys na­la­tig­heid

Beeld - - Kommentaar - C. Prins­loo skryf:

Die be­rig “Dood­ge­skok by bus­hal­te” ( Beeld, 24 Mei) ge­tuig van na­la­tig­heid in die erg­ste graad, ver­al om­dat daar voor die nood­lot­ti­ge voor­val ver­skeie lig­ter skok­ke was. Dis dui­de­lik dat daar swak of geen be­aar­ding was nie. Selfs na­dat die “krag­kas­te af­ge­ska­kel is”, is daar weens die swak be­aar­ding geen waar­borg dat daar nie steeds ’n le­wen­di­ge draad aan die struk­tuur raak of daar­mee ver­bind is nie. Moet daar nie po­li­sie­lint om die plek wees tot­dat fo­ren­sie­se toet­se ge­doen is nie? Ie­mand is daar dood! El­ke bus­hal­te in Po­lo­kwa­ne is nou on­der ver­den­king, al is al­mal se krag af­ge­ska­kel.

Mi­lis­wa Lux­an­de is dood­ge­skok.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.