‘Bloed kleef nog aan taal’

“Lord Mil­ner het in die jong­ste dae weer aan die Rand be­gin rond­loop.” Dít was die waar­sku­wing van­dag 40 jaar ge­le­de oor die ge­vaar om A­fri­kaans aan swart kin­ders op te dwing, pre­sies drie we­ke voor 16 Ju­nie, die be­gin van die jeug­op­stand. Met ’n an­der so

Beeld - - Middleblad - Bron­ne­lys:

‘Kry end! Ons wil nie bloed aan ons taal hê nie,” was die op­skrif in Beeld se sus­ter­blad Rap­port ná die So­we­to-op­stand van 16 Ju­nie 1976. Daar is “nie weg­ge­skram van hoe dit die po­si­sie van A­fri­kaans sou raak nie”, is ge­skryf. Die des­tyd­se ve­r­ant­woor­de­li­ke mi­nis­ter, An­dries T­reur­nicht, is “be­hoor­lik aan die bors ge­gryp”.

Dit het op do­we ore ge­val, soos ook die vroe­ër waar­sku­wing van­dag pre­sies 40 jaar ge­le­de – 26 Mei was tóé op ’n Woens­dag – toe Beeld ge­skryf het oor die broei­en­de on­rus in swart sko­le aan die Wit­wa­ters­rand.

Met die woor­de “lord Mil­ner het in die jong­ste dae weer aan die Rand be­gin rond­loop” is A­fri­ka­ner­lei­ers én -le­sers her­in­ner aan die si­tu­a­sie ná die eeu­wis­se­ling toe lord Alf­red Mil­ner as Suid-A­fri­kaan­se hoë kom­mis­sa­ris ’n “vreem­de” taal – En­gels – “in A­fri­ka­ner­tjies se keel pro­beer af­druk het”. Die A­fri­ka­ner-re­ge­ring, is ge­skryf, moe­nie die­self­de doen nie.

Die ver­loop van die vol­gen­de paar we­ke het mee­ge­bring dat 40 jaar la­ter steeds “bloed aan die taal” kleef.

Op 7 Ju­nie is ’n vol­gen­de rooi vlag ge­hys met ’n ar­ti­kel deur ds. Sam Bu­ti, skri­ba van die si­no­de van die NG Kerk van A­fri­ka. Hy het die Mil­ner-ar­gu­ment her­haal: “Kort ná die Ang­lo-Boe­re­oor­log het die A­fri­ka­ner op­ge­staan en ge­veg toe En­gels in sko­le aan hul­le op­ge­dwing is. Die­self­de ar­gu­men­te wat hul­le aan­ge­voer het, geld vir die swart men­se!”

A­fri­kaans, het hy ge­skryf, word met die on­der­druk­ker ge­as­so­si­eer. Die “tyd vir voor­skryf en een­sy­di­ge be­slui­te is ver­by”. En toe ont­plof 16 Ju­nie 1976. Dit was ook op ’n Woens­dag, pre­sies drie we­ke ná die eer­ste te­ver­geef­se waar­sku­wings. T­reur­nicht, la­ter lei­er van die Kon­ser­wa­tie­we Par­ty, het hom toe al lank nie ge­steur nie aan die sig­ba­re te­kens van op­stand, on­der meer ’n “veel­al on­der­skat­te” skool­sta­king in So­we­to.

Die Bur­ger het ge­skryf dit was ’n “pyn­li­ke ge­dag­te” dat A­fri­kaans aan an­der op­ge­dwing is as “die taal van die ver­o­we­raar, die ver­druk­ker, die dwin­ge­land”. D­wang het eer­der die teen­oor­ge­stel­de uit­wer­king – “dit be­hoort die A­fri­ka­ner be­ter as wie ook al te be­sef”.

In die re­dak­teur Piet Cil­lié se Da­wie-ru­briek is ook “meer as eens” ge­waar­sku “dat ’n af­keer van A­fri­kaans by ge­kleur­des ge­wek word wan­neer wit A­fri­kaans­spre­ken­des hul­le aan­stoot­lik” ge­dra. El­ke keer wan­neer “A­fri­kaans as die ’n Seun loop voor ’n ver­gro­ting ver­by van Sam N­zi­ma se be­ken­de fo­to van die ster­wen­de Hec­tor Pie­ter­son wat deur ’n vriend ge­dra word. Die fo­to ver­gro­ting is aan­ge­bring by die Hec­tor Pie­ter­son­ge­denk­mo­nu­ment in So­we­to. taal van die ver­druk­ker voor­ge­hou kan word, word die saak van A­fri­kaans erns­tig be­na­deel”. Men­se wat sul­ke si­tu­a­sies skep, “is in­der­daad vy­an­de van A­fri­kaans”.

40 jaar la­ter kan ’n mens vra: Wat­ter les­se is se­dert­dien ge­leer? Of dalk nie? Be­sef wit A­fri­kaans­spre­ken­des wat­ter ska­de hul­le hul taal aan­doen met se­ke­re hou­dings oor A­fri­kaans, en hoe ar­ro­gant dit oor­kom?

S­chalk Pie­naar, li­be­ra­le re­dak­teur wat on­der meer ge­skryf het Suid-A­fri­ka het net twee ge­vaar­li­ke lei­ers ge­ken – lord Mil­ner, ’n Duit­ser van ge­boor­te, en Ver­woerd, ’n Ne­der­lan­der van ge­boor­te – het teen 1976 reeds ’n paar “sker­mut­se­lings” met die A­fri­ka­ner­re­ge­ring ge­had.

In ’n re­sen­sie van T­reur­nicht se boek kort te­vo­re, C­re­do van ’n A­fri­ka­ner, skryf hy dit is “met ’n ge­voel van on­werk­lik­heid” ge­lees. “Is dit werk­lik wat die nor­ma­le A­fri­ka­ner glo? Al hier­die angs­te oor i­den­ti­teit en vre­se vir bo­se gees­te in die lug?”

Die jaar 1976 was in­der­daad ’n kan­tel­punt in Suid-A­fri­ka se ge­skie­de­nis toe die dek­sel van die po­li­tie­ke Pan­do­ra-kis ge­lig is en nooit weer sou kon toe nie.

Die tyd­bom het klip­hard ge­tik toe T­reur­nicht op 11 Ju­nie aan­soe­ke ver­werp het van So­we­to-sko­le om af te wyk van die so­ge­naam­de 50-50-ge­bruik van En­gels en A­fri­kaans in die klas. Woens­dag 16 Ju­nie was die na­tuur­li­ke ge­volg – daar­om van­dag Jeug­dag.

Dit was i­ro­nies dat die ver­slag van die T­heron-kom­mis­sie wat die her­stel van po­li­tie­ke reg­te van bruin men­se aan­be­veel het, twee dae la­ter, op 18 Ju­nie, in die par­le­ment ge­dien het. Dit is ver­werp – on­danks die reeds on­keer­ba­re op­stand dwars­oor die land.

Cil­lié het op 19 Ju­nie ge­skryf dit moet be­skou word as ’n soort “i­ro­nie­se se­ën” dat die ver­slag ver­skyn het “in die ska­du­wee (of vlam­me­lig?)” van die op­stand. “Dit gee aan die in­houd die per­spek­tief van ’n waar­sku­wing en ’n op­roep . . .”

Op 6 Ju­lie moes die re­ge­ring ka­pi­tu­leer en die ver­plig­te ge­bruik van A­fri­kaans in swart sko­le skrap. Maar die ska­de was ge­doen.

In De­sem­ber daar­die jaar het Cil­lié op uit­no­di­ging in The New York Ti­mes oor Suid-A­fri­ka se kom­plek­si­tei­te ge­skryf en ver­wys na A­fri­ka se “u­nie­ke wit stam” en hoe dit po­li­tie ge­spro­ke die een­saam­ste volk op aar­de is. Die wê­reld het ’n son­de­bok vir sy son­des ge­soek en dit in die A­fri­ka­ner ge­vind “in or­der to gain at le­ast tem­po­ra­ry re­lief from the col­lecti­ve bur­den of guilt, me­a­ning­less­ness and com­plex­i­ty op­pres­sing the na­ti­ons”.

Die A­fri­ka­ner het na­tuur­lik ook daar­na ge­maak. In die 1948-ver­kie­sing is die “fa­ta­le woord” a­part­heid ge­bruik, het Cil­lié ge­skryf – “i­ro­ni­cal­ly as a mo­re po­si­ti­ve and accep­ta­ble la­bel for ethnic se­pa­ra­ti­on and dif­fe­ren­ti­a­ti­on than the shop­worn term ‘se­gre­ga­ti­on’ ”.

Maar een van die groot­ste i­ro­nieë is dat A­fri­kaans al net ná die be­gin van die 20ste eeu as pro­tes­taal in die APO, die koe­rant van die A­fri­kaansche Po­li­tie­ke Or­ga­ni­sa­tie / A­fri­can Po­li­ti­cal Or­ga­ni­za­ti­on, la­ter die A­fri­can Pe­op­le’s Or­ga­ni­za­ti­on, ge­bruik is. Die “A­fri­kaansche”/ “A­fri­can” het nie na kleur ver­wys nie, maar na ge­o­gra­fie; die APO het hom uit­sluit­lik be­y­wer vir die po­si­sie van Kaap­se bruin men­se.

Dr. Abdul­lah Abdu­rah­man was die krag ag­ter die or­ga­ni­sa­sie, in 1902 ge­stig, en ook ag­ter die koe­rant, wat van 1909 tot 1922 in En­gels, Ne­der­lands en vroeë A­fri­kaans uit­ge­gee is. In die ru­briek S­traat­praat­jes is A­fri­kaans ge­bruik om die ko­lo­ni­a­le be­stel te he­kel. Dié ru­brie­ke is be­skryf as ’n “teen­he­ge­mo­nie­se stem”, die “an­ti-taal” van die pro­le­ta­ri­aat, en dat dit Af- ri­kaans die sta­tus van ver­set­taal ge­gee het téén wit do­mi­na­sie aan A­fri­ka­ner­kant so­wel as teen die En­gel­se im­pe­ri­a­lis­tie­se he­ge­mo­nie.

Hoe kan A­fri­kaans, die re­sul­taat van ’n ge­kre­o­li­seer­de Kaap­se kul­tuur, van­dag be­vry word van die “taal van die ver­druk­ker”-juk? Dit kan im­mers be­skou word as die Kaap se “eer­ste taal”, ge­praat deur die Kaap se “eer­ste men­se” en hul na­ge­slag, ’n ver­men­ging van in­heem­ses, sla­we en Eu­ro­pe­ërs.

Dit is geen won­der nie dat la­te­re “Boe­re­kos” in we­se eint­lik Ma­lei­sies van oor­sprong is: Die sla­we in die kom­bui­se het nie net met kos nie, maar ook die Kaap­se “kom­buis­taal” gekóók.

Die vraag dan: Hoe kan dié taal, ge­an­nek­seer vir ’n hand­vol de­ka­des deur A­fri­ka­ner­na­si­o­na­lis­me, van daar­die aak­li­ge smet ont­slae raak om weer die soet­ste taal te kan word?

Om Cil­lié weer aan te haal: “As die A­fri­ka­ner ver­loor, dan wen hy,” was woor­de wat hy van tyd tot tyd mee­ge­deel het aan wie ook wou luis­ter.

Cil­lié het met dié pa­ra­doks be­doel dat jy groei uit ver­nie­ti­ging. ’n Meer on­lang­se in­ter­pre­ta­sie is dat die A­fri­ka­ner se mo­re­le oor­win­ning daar­in lê dat hy sy mags­po­si­sie prys­ge­gee en hom ont­wor­stel het aan ’n i­de­o­lo­gie wat an­der van hul mens­waar­dig­heid ge­stroop het.

’n Mens moet dalk van­dag sê: As A­fri­kaans ver­loor, dan wen hy. So­dat A­fri­kaans hom dalk kan ont­wor­stel aan daar­die klad van “bloed aan ons taal”? ) Ad­hi­ka­ri, M. S­traat­praat­jes – Lan­gua­ge, Po­li­ti­cs and Po­pu­lar Cul­tu­re in Ca­pe To­wn, 1909–1922 ; Cil­lié, P.J. Baan­bre­kers vir vry­heid ; Du Pi­sa­ni, K. “B.J. Vor­ster en af­son­der­li­ke ont­wik­ke­ling.” In F. P­re­to­ri­us (red.) Ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­ka – Van voor­tye tot van­dag; K­ühn, W. “Stryd teen dr. APT en ver­stokt­heid.” By­lae tot Beeld. 14 Sep­tem­ber 1984; Mor­ris, M. The His­to­ry of A­part­heid ; S­choltz, J.J.J. & S­teyn, J.C. “S­try­ders vir A­fri­kaans.” In W.D. Beu­kes (red.) Oor gren­se heen. Kaap­stad: Na­si­o­na­le Boek­han­del; S­teyn, J.C. 2002. Pen­veg­ter. Kaap­stad: Ta­fel­berg; en We­pe­ner, W. “Rap­port is twee maan­de ná sy ge­boor­te ge­máák.” Rap­port 25 Jaar Ge­denk­uit­ga­we. 6 No­vem­ber 1995.

D­wang het eer­der die teen­oor­ge­stel­de uit­wer­king – ‘dit be­hoort die A­fri­ka­ner be­ter as wie ook al te be­sef’.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.