Goeie nuus

Twy­fel is deel van glo

Beeld - - Middleblad - – S­te­phan Jou­bert

“Ek weet nie meer of ek glo nie,” sê ie­mand.

Toe hy by­voeg dat hy al ja­re lank so voel, won­der ek of hy erns­tig is om rig­ting te kry met sy twy­fel.

Ja, twy­fel is ook ’n deel van ons ge­loof. Al­mal wat erns­tig is oor God won­der soms oor hul ge­loof.

Selfs Jo­han­nes die Do­per wou op ’n dag by Je­sus weet of hy reg­tig die Mes­si­as is, en of hy wat Jo­han­nes is sy hoop nie maar el­ders heen moet ver­skuif nie.

So­lank as wat jy jou twy­fel­vrae eg­ter met God deel en nie net ag­ter­af oor hom praat of won­der nie, dan vor­der jy.

Wan­neer twy­fel ’n per­ma­nen­te uit­kamp­plek in jou le­we ge­word het, is jy in ’n dood­loop­straat. Dan loop jy in sir­kels. Dan gaan jy nê­rens heen nie.

Twy­fel moet al­tyd ie­wers heen ge­vat word. Meer kor­rek: Dit moet met God ge­deel word. Hy kan dit vat.

Hy kan twy­fel om­ska­kel in ge­loof.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.