Gau­ten­ger is bes­te in to­neel­spel

Wen beurs vir dra­ma by US

Beeld - - Kuns -

Sy droom is om in die se­pie 7de Laan te speel. En hy sou so bit­ter graag teen­oor B­ren­don Da­niels in die fliek Four Cor­ners wou speel.

Maar eers is hy nog stom­ver­baas oor sy oor­win­ning die af­ge­lo­pe na­week, er­ken die 18-ja­ri­ge Can­to­na Ja­mes.

Can­to­na, ’n gr. 12-leer­ling aan die Rand­fon­tein High S­chool in Gau­teng, was die na­week die wen­ner in die 15de Na­si­o­na­le To­neel­spel­kom­pe­ti­sie.

Hy het se­we an­der fi­na­lis­te uit­ge­stof met ’n drie­kuns van wer­ke wat hy mees­ter­lik ver­tolk het.

“Ek glo dit steeds nie. Daar was so baie ta­lent­vol­le men­se. Dis ’n droom wat waar ge­word het.”

Sy eer­ste tree in ’n kuns­te­loop­baan is ge­neem on­der tra­gie­se om­stan­dig­he­de, sê die jong ak­teur.

“My stief­pa het my ma, broer en sus­sie ver­moor. Men­se het hul eie sto­ries op­ge­maak oor wat ge­beur het, toe skryf ek in gr. 9 ’n dra­ma wat my ma se sto­rie ver­tel.”

Dit is sy twee­de deel­na­me aan die to­neel­spel­kom­pe­ti­sie. Ver­le­de jaar het hy ook die top-agt ge­haal.

Can­to­na ver­tel dat hy uit ’n a­ka­de­mie­se ge­sin kom – en dat hy die eer­ste een is wat in ’n kuns­rig­ting wil stu­deer.

“My pa, broers en sus­sies on­der­steun my baie. Die moor­de het my ge­maak wie ek is. Sterk en hard­wer­kend. My pa doen baie vir my en spoor my aan om al­tyd die bes­te te wees.”

Can­to­na het be­ne­wens die me­dal­je ook ’n beurs ont­vang om dra­ma aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch te stu­deer.

Hy en Ro­bert Hind­ley van die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof in P­re­to­ria se beur­se is deur die US Woord­fees en Wow toe­ge­ken.

“Ek was al­tyd van plan om in die Wes-Kaap te swot. So die beurs sal my baie help om my droom te be­waar­heid. Ek is bly Ro­bert het saam met my ge­wen.”

Die naas­wen­ner is Wi­an Tal­jaard van die Ho­ër­skool Cra­dock en Hen­ry Ser­fon­tein van die Ho­ër­skool Wa­ter­kloof is der­de. Mia van der Mer­we van Ax­i­os Dra­ma in So­mer­set-Wes het die Kie­ran S­chultz-prys as die bes­te ju­ni­or ont­vang.

Die eind­ron­des in die to­neel­spel­kom­pe­ti­sie, met kykNET as die hoof­borg, was van 19 tot 21 Mei in die Kuns­te­kaap-te­a­ter ge­hou. Die Ho­ër­skool Bell­vil­le re­ël jaar­liks die kom­pe­ti­sie.

Al­te­sa­me 500 in­skry­wings is ont­vang. Ná land­wye uit­dun­ron­des het die 80 ge­keur­des oor vier ron­des op ’n uit­klop­grond­slag deel­ge­neem.

Een van die fi­na­lis­te, Tom­ley van Vuur­en (Pi­o­nier­skool), het ’n beurs vir ’n dra­ma­kur­sus van North­link Col­le­ge ont­vang. Daar­be­ne­wens gaan kykNET ’n kort­film met vier van die agt fi­na­lis­te skiet en agt leer­lin­ge (on­der wie Can­to­na, Tom­ley, Wi­an en Ro­bert) is ge­kies vir ’n pro­duk­sie wat in 2017 op die Woord­fees o­pen. Van die kan­di­da­te is ook ge­kies om aan ’n ra­di­o­te­a­ter of ver­volg­ver­haal op RSG deel te neem.

Fo­to: TARYN HOWARD

Can­to­na Ja­mes, van­jaar se wen­ner in die Na­si­o­na­le To­neel­spel­kom­pe­ti­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.