‘Can­nes­fees nood­saak­lik vir rol­prent­kuns’

Beeld - - Kuns - La­e­ti­tia Pop­le Goue Palm: Grand P­rix: Bes­te re­gis­seur (ge­deel): Bes­te draai­boek: Ju­rie­prys: Bes­te ak­tri­se: Bes­te ak­teur: Bes­te kort­prent: Caméra d’Ór Ere­Palm: Lui­dens die jong­ste lys van uit­rei­kings deur plaas­li­ke ver­sprei­ders is nie een van die pren­te

Kaap­stad. – Af­tre­de? Wat­wou! Die 79-ja­ri­ge B­rit­se re­gis­seur Ken Lo­ach, ’n vu­ri­ge kamp­veg­ter teen maat­skap­li­ke on­reg, het die na­week ’n twee­de keer die in­ter­na­si­o­na­le rol­prent­be­dryf se ge­sog­ste prys naas die Os­car, die Goue Palm, ge­wen.

Lo­ach, wat so­wat twee jaar ge­le­de sy “af­tre­de” aan­ge­kon­dig het, het Sa­ter­dag­aand in Can­nes die Palm vir sy aan­gry­pen­de prent I, Da­niel Bla­ke ont­vang. Daar­in vat dié grys­kop-vuur­vre­ter die B­rit­se wel­syn­stel­sel aan.

Dié jong­ste prent van Lo­ach, be­kend om die so­si­a­le re­a­lis­me in sy pren­te My na­me is Joe en La­dy­bi­rd La­dy­bi­rd, volg ’n ou­er man van Ne­w­cas­t­le wat weens ’n hart­aan­val nie meer kan werk nie. Die staat ver­klaar hom eg­ter ge­sond ge­noeg om te werk. Hy kan net ’n klein toe­laag ont­vang en ly hon­ger.

In sy toe­spraak in Can­nes het Lo­ach ge­sê dié rol­prent­fees is baie be­lang­rik vir die voort­be­staan van die rol­prent­kuns.

“Dit voel vreemd om die glans­ry­ke prys te ont­vang as ek dink aan die men­se wat my prent ge­ïn­spi­reer het.

“Ons moet voort­gaan om te ver­kon­dig dat ’n an­der wê­reld moont­lik is.”

Lo­ach, wat sy loop­baan as ’n pro­ku­reur be­gin het, het al 13 keer om die Goue Palm mee­ge­ding en dit in 2006 vir sy rol­prent­dra­ma The Wind that S­ha­kes the Bar­ley ge­wen.

Die A­me­ri­kaan­se ak­teur Mel Gib­son het Sa­ter­dag­aand die Palm aan hom oor­han­dig.

Lo­ach het 20 an­der rol­pren­te van on­der an­de­re Jeff Ni­chols, Se­an Penn, Pe­dro Al­mo­dó­var, Paul Ver­hoe­ven en Ni­co­las Win­ding Refn uit­ge­stof.

Die 27-ja­ri­ge Ka­na­de­se re­gis­seur Xa­vier Do­lan, be­kend om die rol­pren­te Mom­my en I Kil­led my Mot­her het die Grand P­rix ge­wen vir ’n ge­sins­dra­ma wat hy as sy bes­te prent nóg be­skryf. Dié rol­prent han­del oor ’n skry­wer wat te­rug­keer na sy ou­er­huis met die ty­ding dat hy ster­wend is.

Die wen­ners van die 69ste Can­nes-rol­prent­fees is soos volg: Ken Lo­ach vir I, Da­niel Bla­ke Jus­te la fin du Mon­de (It’s On­ly the End of the Wor­ld) deur Xa­vier Do­lan C­ris­ti­an Mun­giu vir Ba­ca­lau­re­at (Gra­du­a­ti­on) en O­li­vier As­sa­y­as vir Per­so­nal S­hop­per Asg­har Far­ha­di vir Fo­rus­han­de (The Sa­les­man) A­me­ri­can Ho­ney van die re­gis­seur And­rea Ar­nold Ja­c­lyn Jo­se in Ma’ Ro­sa van die re­gis­seur B­ril­lan­te Men­do­za S­ha­hab Hos­sei­ni in Fo­rus­han­de (The Sa­les­man) deur Asg­har Far­ha­di Ti­me­co­de ( bes­te de­buut): Di­vi­nes van Hou­da Be­ny­a­mi­na. Die ak­teur Je­an-Pier­re Léaud )

Fo­to: THIBAULT CAMUS, AP

’n Trot­se Ken Lo­ach wys Sa­ter­dag­aand sy Goue Palm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.