T­re­t­chi­koff­werk ver­ras met hoë vei­lings­prys

Beeld - - Kuns -

Die ont­sla­pe kuns­te­naar Ir­ma S­tern se skil­de­ry Por­tret van F­re­da Feld­man met Ba­soe­to­hoed het Maan­dag­aand op S­trauss & Co se vei­ling in Jo­han­nes­burg te­le­fo­nies vir meer as R5 mil­joen ver­koop. Dié werk is van Aus­tra­lië na Suid-A­fri­ka ge­bring om hier on­der die ha­mer te kom.

Met die vei­ling wat in to­taal by­kans R42 mil­joen be­haal het, is dit dui­de­lik men­se wil nog hul beur­sies oop­maak vir kuns.

Wer­ke deur J.H. Pier­neef het ook goed ge­vaar. Sy Win­ter­bos­veld is vir meer as R1,8 mil­joen ver­koop.

Die groot­ste ver­ras­sing van die aand was Vla­di­mir T­re­t­chi­koff se Son­ne­blom­me wat vir meer as R1,7 mil­joen ver­koop is, ter­wyl dit ’n ver­wag­te prys van R400 000 tot R600 000 ge­had het.

T­re­t­chi­koff se Son­ne­blom­me was nie voor­heen op die mark nie. Dit is in 1959 ge­skil­der.

Wer­ke van kuns­te­naars soos Wil­li­am Ken­trid­ge, Nor­man Cat­her­i­ne, Wil­lem Bos­hoff, Pie­ter Hugo, Ku­d­za­nai C­hi­u­rai en Ca­me­ron Plat­ter het ook baie goeie pry­se be­haal.

Die in­ter­na­si­o­na­le af­sla­er Den­dy Eas­ton, wat die aand­ses­sie ge­lei het, het S­trauss & Co ge­loof vir die uit­slae wat ver­kry is en die hoë stan­daard van sy ka­ta­lo­gus.

La­e­ti­tia Pop­le

Son­ne­blom­me deur Vla­di­mir T­re­t­chi­koff is Maan­dag vir R1,7 mil­joen ver­koop, ter­wyl die ver­wag­te prys R400 000 tot R600 000 was.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.