Be­leef ‘Jack­son’ in Jo­burg

Beeld - - Kuns -

Die san­ger Mi­cha­el Jack­son het die mu­siek­wê­reld oor­rom­pel en het be­kend ge­staan as die ko­ning van pop, en eers­daags gee Ro­bin Par­sons ge­stal­te aan dié ont­sla­pe ster.

Die pro­duk­sie Fo­re­ver Jack­son kom van 1 tot 19 Ju­nie al die pad van Lon­den na die Jo­burg­te­a­ter in Braam­fon­tein se Man­de­la-te­a­ter.

Par­sons is al ja­re lank ’n groot aan­han­ger van Jack­son. Die af­ge­lo­pe 17 jaar het hy Jack­son se toon­hoog­te en be­we­gings be­stu­deer so­dat hy so na as moont­lik aan Jack­son se stan­daard kan kom.

In 2003 het ’n droom vir Par­sons waar ge­word toe hy op Jack­son se 45ste ver­jaar­dag­par­ty­tjie in die Orp­heum-te­a­ter in Los An­ge­les, A­me­ri­ka, voor hom op­ge­tree het.

Dit is voor die hand lig­gend dat Fo­re­ver Jack­son uit mees­ter­li­ke cho­re­o­gra­fie sal be­staan, maar dit bied ook spe­si­a­le ef­fek­te. Jack­son-tref­fers van die Jack­son 5 (die groep waar­in hy en sy broers as kin­ders ge­sing het) se “Can You Feel It” tot sy tref­fers soos “Bil­lie Je­an”, “Bad”, “Thril­ler”, “Be­at It”, “Man in the Mir­ror”, “S­mooth C­ri­mi­nal” en ve­le meer sal ge­sing word. Jack­son is in Ju­nie 2009 dood. Kaart­jies kos R120 tot R325. S­ka­kel 0861 670 670 of be­soek jo­burgt­he­a­t­re.com of web­tic­kets. co.za om te be­spreek.

Ro­bin Par­sons as Mi­cha­el Jack­son in Fo­re­ver Jack­son.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.