C­hee­tahs is ‘op­ti­mis­ties’ oor Ser­ge­al Pe­ter­sen

Beeld - - Sport - Jo­hann de Ja­ger

Die C­hee­tah-kamp was Woens­dag op­ti­mis­ties oor die vleu­el Ser­ge­al Pe­ter­sen se deel­na­me teen die S­tor­mers Sa­ter­dag op Nu­we­land.

’n Fi­na­le be­sluit oor hul voor­ste drie­druk­ker in die Su­per­rug­by-reeks sal van­dag ge­neem word, het Fran­co S­mith, die af­rig­ter, ge­sê.

“Ser­ge­al lyk of hy reg sal wees, maar ons sal Don­der­dag (van­dag) ’n fi­na­le be­sluit neem.”

Die blits­buks het in die span se vo­ri­ge wed­stryd teen die Sout­hern Kings in Bloem­fon­tein ’n graad 1-skeur in ’n bo­been­spier op­ge­doen.

Dit het ge­beur ty­dens ’n ken­mer­ken­de lo­pie langs die kant­lyn af waar­mee hy sy se­wen­de drie in die reeks ge­druk het.

Hy is as voor­sorg­maat­re­ël van die veld af ge­haal waar­na die skeur­tjie in die spier die daar­op­vol­gen­de Maan­dag be­ves­tig is.

Die C­hee­tahs het ver­le­de na­week ’n los­loot­jie ge­had wat Pe­ter­sen ’n by­ko­men­de paar dae ge­gee het om te her­stel.

Pe­ter­sen sal na ver­wag­ting op 10 Ju­nie in Bloem­fon­tein vir Suid-A­fri­ka A in sy eer­ste van twee wed­stry­de teen die Saxons, En­ge­land se naas­bes­tes, in ak­sie wees.

Die C­hee­tahs se groep vir die her­ont­moe­ting met die S­tor­mers word van­dag aan­ge­kon­dig.

S­mith het be­ves­tig dat die agt­ste­man Niell Jor­daan on­der die 23-tal is wat Kaap toe reis.

Jor­daan het in die span­ne se eer­ste wed­stryd, wat deur die be­soe­kers met 20-10 ge­wen is, ’n rib­be­se­ring op­ge­doen.

Hy het in­tus­sen in die wed­stryd tus­sen die 15-tal­le van die Vry­staat en die Haaie twee we­ke ge­le­de ’n bars­hou ge­speel in die uur wat hy in sy amp­te­li­ke te­rug­keer ge­kry het.

Ver­le­de week in die Baai teen die OP-Kings was hy die vol­le 80 mi­nu­te op die veld.

) Die Nieu-See­land­se skeids­reg­ter G­len Jack­son sal die wed­stryd Sa­ter­dag op Nu­we­land be­har­tig.

Fo­to: CONRAD BORNMAN

Niell Jor­daan, agt­ste­man, kan teen die S­tor­mers sy te­rug­keer vir die C­hee­tahs maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.