Du­ve­na­ge dalk te­rug by Nu­we­land

Beeld - - Sport - – S­te­phen Nell

Kaap­stad. – Hy het sel­de die Nu­we­land­se ska­re op hul voe­te ge­had deur bres­se te slaan, maar De­waldt Du­ve­na­ge se aan­geë en skop­werk is nut­ti­ge deug­de vir ’n skrum­ska­kel.

Dáárom sal Ka­pe­naars dit ver­wel­kom dat hy glo sy loop­baan by die Fran­se klub Per­pig­nan sal be­ëin­dig om na die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie te­rug te keer.

Die 28­ja­ri­ge Du­ve­na­ge sal na ver­wag­ting vir die S­treep­truie in die Cur­rie­be­ker­reeks se Pre­mier­liga speel voor­dat hy aan­staan­de jaar sy Su­per­rug­by­loop­baan by die S­tor­mers her­vat.

Du­ve­na­ge het van 2008­’ 13 vir die WP en die S­tor­mers on­der­skei­de­lik 51 en 67 wed­stry­de ge­speel.

Te­wyl dié aan­wins baie Ka­pe­naars on­kant sal be­trap, soek die WP na ’n skrum­ska­kel, met Nic Groom wat sy loop­baan by die Northamp­ton Saints gaan voort­sit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.