‘Win­dies wys hoe ons moet speel’

AB­hul­le sluit la­ter by span aan

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Jo­han­nes­burg. – As jy in die Win­dies is, doen jy din­ge soos die Win­dies dit doen.

Dit was die raad wat Rus­sell Do­min­go, af­rig­ter van die SuidA­fri­kaan­se krie­ket­span, gis­ter vir sy spe­lers ge­had het voor­dat hul­le na die Karibiese Eilande ver­trek het vir die drie­hoe­ki­ge een­dag­reeks aan­staan­de maand teen die gas­heer en Aus­tra­lië.

“Mis­kien moet ons ons krie­ket meer soos die Win­dies speel. Hul­le is sul­ke vrye gees­te wat din­ge am­per im­pul­sief doen en groot­liks op hul in­stink staat­maak wan­neer hul­le hul krie­ket speel.

“Ons kan daar­die les by hul­le leer en ook meer ont­span­ne pro­beer wees wan­neer ons speel.

“Ons is dik­wels té ge­span­ne om te pres­teer en dit is dik­wels ons on­der­gang,” sê Do­min­go.

Dié Oos-Ka­pe­naar het self veel meer ont­span­ne voor­ge­kom as toe hy die me­dia laas in die­self­de ver­trek by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we toe­ge­spreek het net ná die mis­luk­te po­ging vroe­ër van­jaar om die T20-Wê­reld­be­ker in In­dië te pro­beer ver­o­wer.

Hy er­ken hy kry goeie krie­ket­raad by sy 11-ja­ri­ge seun.

“Toe ek wou brom oor ons so te­rug­ge­sak het op die rang­lys, het hy vir my ge­sê dit is dalk nie so ’n s­leg­te ding wat ge­beur het nie.

“Pa, nou is die druk van jul­le af en kan jul­le weer jul­le nor­ma­le spel speel son­der om die swaard oor jul kop­pe te hê om ’n rang­lys­po­si­sie te ver­de­dig,” sê hy.

Do­min­go en die span­be­stuur het gis­ter­aand met agt spe­lers na die Wes-In­die­se Eilande ver­trek.

JP Du­miny, Chris Mor­ris en Im­ran Ta­hir sal hul­le uit In­dië, waar hul­le in die IPL ge­speel het, by die span in T­ri­ni­dad aan­sluit, waar die Suid-A­fri­ka­ners Son­dag ’n op­warm­wed­stryd teen die Win­dies se naas­bes­tes speel.

Quin­ton de Kock sluit hom Son­dag by die span aan, ter­wyl AB de Vil­liers en Mor­né Mor­kel, wat nog in die IPL-uit­speel­stry­de be­trok­ke is, vroeg aan­staan­de week in Guy­a­na sal aan­kom.

Faf du P­les­sis, die Proteas se T20-kap­tein, her­stel nog van sy vin­ger­be­se­ring en sal eers van die twee­de of der­de wed­stryd van die reeks vir hul­le be­skik­baar wees.

Do­min­go sê dit is goed om Way­ne Par­nell weer te­rug in die na­si­o­na­le op­set te hê.

“Dit is al­tyd van groot waar­de om ’n links­han­di­ge snel­bou­ler te hê wat va­ri­a­sie bied en sy veel­sy­dig­heid kom ook goed te pas.

“Voorts wil ek ook kyk na Ta­braiz S­ham­si as draai­er, ver­al met Im­ran Ta­hir wat in die ska­du­kant van sy loop­baan is,” sê Do­min­go.

“Ons speel oor die vol­gen­de paar maan­de heel­wat krie­ket teen Aus­tra­lië en dit is goed om ons nou reeds te meet teen die voor­ste een­dag­span ter wê­reld,” glo hy.

Die eer­ste wed­stryd in die reeks is op 3 Ju­nie en die eind­stryd is op 26 Ju­nie in Bar­ba­dos.

Fo­to: AFP

AB de Vil­liers, een van die ster­re in van­jaar se In­die­se Pre­mier­liga, sluit hom eers vol­gen­de week by sy Pro­tea­span­maats in die Karibiese Ei­land aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.